Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp20 nr. 1 bl. 12-13
  • Die waarheid oor die Koninkryk van God

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die waarheid oor die Koninkryk van God
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2020
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat Jesus ander oor God se Koninkryk geleer het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Oor God se Koninkryk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • God se koninkryk heers
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
  • Wat is die Koninkryk van God?
    Wat vereis God van ons?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2020
wp20 nr. 1 bl. 12-13
Die son skyn op die aarde soos vanuit die ruimte gesien

Die waarheid oor die Koninkryk van God

Jesus het sy volgelinge geleer om te bid: “Ons Vader in die hemel, laat u naam geheilig word. Laat u Koninkryk kom. Laat u wil plaasvind op die aarde, net soos in die hemel” (Matteus 6:9, 10). Wat is God se Koninkryk? Wat doen dit? En hoekom moet ons daarvoor bid?

Jesus is die Koning van God se Koninkryk.

Lukas 1:31-33: “Jy moet hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word, en Jehovah God sal hom die troon van sy vader Dawid gee, en hy sal vir ewig as Koning oor die huis van Jakob regeer, en daar sal geen einde aan sy Koninkryk wees nie.”

Die Koninkryk was die hooftema waaroor Jesus gepreek het.

Matteus 9:35: “Jesus het op ’n reis gegaan deur al die stede en dorpies en mense in hulle sinagoges geleer en die goeie nuus van die Koninkryk verkondig en elke soort siekte en elke soort kwaal genees.”

Jesus het vir sy dissipels ’n teken gegee sodat hulle kon weet wanneer die Koninkryk sou kom.

Matteus 24:7: “Want nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk, en daar sal voedseltekorte en aardbewings op die een plek ná die ander wees.”

Jesus se dissipels preek nou regoor die wêreld oor die Koninkryk.

Matteus 24:14: “Hierdie goeie nuus van die Koninkryk sal oor die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies, en dan sal die einde kom.”

God se Koninkryk – Die feite

Waar is dit? God se Koninkryk is ’n regte regering wat deur God in die hemel opgerig is. – DANIËL 2:44; MATTEUS 4:17.

Wat is die doel daarvan? God se Koninkryk sal die aarde verander in ’n paradys waar alle mense in vrede en eenheid sal lewe en nooit sal siek word of doodgaan nie. – PSALM 37:11, 29.

Wie sal regeer? God het Jesus as die Koning aangestel om in die hemel te regeer, saam met 144 000 ander heersers, wat van die aarde gekoop is. – LUKAS 1:30-33; 12:32; OPENBARING 14:1, 3.

Oor wie sal dit regeer? Die mense oor wie die Koninkryk sal regeer, sal op die aarde lewe en gewillig gehoorsaam wees aan Jesus as heerser en die wette van die Koninkryk gehoorsaam. – MATTEUS 7:21.

Hoekom Jesus die beste heerser vir die mensdom is

Terwyl Jesus op die aarde was, het hy gewys dat hy ’n goeie en liefdevolle heerser sou wees omdat hy

  • Vir die armes omgegee het. – LUKAS 14:13, 14.

  • Korrupsie en ongeregtigheid gehaat het. – MATTEUS 21:12, 13.

  • Die natuurkragte beheer het. – MARKUS 4:39.

  • Vir duisende mense kos gegee het. – MATTEUS 14:19-21.

  • Vir die siekes jammer gevoel het en almal wat gely het, genees het. – MATTEUS 8:16.

  • Die dooies weer lewend gemaak het. – JOHANNES 11:43, 44.

Hoe God se Koninkryk jou nou al kan help

Jy kan nou al gelukkiger wees as jy God se Koninkryk ondersteun. Mense wat die Koninkryk ondersteun,

  • “Probeer hard om in vrede met alle mense te lewe.” – HEBREËRS 12:14.

  • Geniet vrede en eenheid in die gesin omdat huweliksmaats mekaar liefhet en respekteer. – EFESIËRS 5:22, 23, 33.

  • Is regtig gelukkig en tevrede omdat hulle “besef dat hulle God nodig het”. – MATTEUS 5:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel