Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/01 bl. 1
  • Gee die oeswerk jou volle ondersteuning

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gee die oeswerk jou volle ondersteuning
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Die lande is wit vir die oes
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Wees vreugdevolle oeswerkers!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Volhard in die oeswerk!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Dringend nodig—meer arbeiders in die oes!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2001
km 5/01 bl. 1

Gee die oeswerk jou volle ondersteuning

1 Jehovah se eertydse profete asook Jesus Christus self het van ’n insamelingswerk gepraat (Jes. 56:8; Eseg. 34:11; Joh. 10:16). So ’n werk word nou gedoen terwyl die goeie nuus van die Koninkryk wêreldwyd verkondig word (Matt. 24:14). Die onderskeid tussen diegene wat God dien en diegene wat hom nie dien nie, word baie duidelik (Mal. 3:18). Wat beteken dit vir ons?

2 ’n Persoonlike verantwoordelikheid: Ons kan uit die voorbeeld van Paulus leer, wat ywerig die voortou geneem het in die Christelike bediening. Hy het gevoel dat hy ’n verantwoordelikheid het om te getuig sodat alle mense die geleentheid sou hê om die goeie nuus te hoor en gered te word. Dit het hom beweeg om voortdurend om hulle ontwil te arbei (Rom. 1:14-17). Het ons nie, in die lig van die lewensgevaarlike situasie waarin die mensdom hom vandag bevind, ’n selfs groter verantwoordelikheid om vir diegene in ons gebied te getuig nie?—1 Kor. 9:16.

3 Tyd vir dringende optrede: Die predikingswerk kan met ’n soek-en-red-operasie vergelyk word. Mense moet opgespoor en na veiligheid gehelp word voor dit te laat is. Die tyd is beperk. Lewens is op die spel! ’n Mens kan verstaan waarom Jesus sy dissipels aangespoor het om “die Heer van die oes [te smeek] om werkers in sy oes uit te stuur”.—Matt. 9:38.

4 Baie Koninkrykswerkers besef hoe dringend ons dag is en het gevolglik hulle deelname aan hierdie lewensreddende werk vergroot. ’n Tiener met die naam Hirohisa was deel van ’n enkelouergesin waarin daar nog vier jonger kinders was. Hy het sy gesin ondersteun deur soggens drie-uur op te staan om koerante af te lewer. Omdat Hirohisa nogtans meer in die bediening wou doen, het hy as ’n gewone pionier begin dien. Is daar maniere waarop jy ’n groter aandeel kan hê aan hierdie werk wat nooit weer gedoen sal word nie?

5 “Die oorblywende tyd is kort” (1 Kor. 7:29). Laat ons dus alles in ons vermoë doen in die allerbelangrikste werk wat vandag op aarde uitgevoer word—om die goeie nuus van die Koninkryk te verkondig en dissipels te maak. Jesus het hierdie bediening met ’n oeswerk vergelyk (Matt. 9:35-38). As ons ’n volle aandeel aan die oeswerk het, kan ons iemand dalk help om ’n deel van die groot skare aanbidders te word wat in Openbaring 7:9, 10 beskryf word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel