Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/01 bl. 1
  • Hoe goed is jou geestelike eetgewoontes?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe goed is jou geestelike eetgewoontes?
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Het jy goeie geestelike eetgewoontes?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Hoe kan ek goeie eetgewoontes hê?
    Jongmense vra
  • Ontvang jy “voedsel op die regte tyd”?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Delf dieper in God se Woord
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2001
km 10/01 bl. 1

Hoe goed is jou geestelike eetgewoontes?

1 Daar is al gesê dat ‘ons is wat ons eet’. Ja, ons eetgewoontes het ’n uitwerking op ons fisiese krag en gesondheid. Aangesien Jesus gesê het: “Die mens moet nie van brood alleen lewe nie, maar van elke uiting wat deur Jehovah se mond uitgaan”, het ons geestelike eetgewoontes ’n goeie of slegte uitwerking op ons (Matt. 4:4). Hoe goed is jou geestelike eetgewoontes dus? Is jy uitsoekerig? Eet jy in die verbygaan? Of skep jy behae daarin om die tyd te neem om gereelde, gebalanseerde en voedsame geestelike maaltye te geniet?

2 Ontleed jou dieet: Jehovah voorsien “voedsel op die regte tyd” en “’n maaltyd van vetspyse” deur middel van “die getroue en verstandige slaaf” (Matt. 24:45; Jes. 25:6). Om ten volle by hierdie liefdevolle voorsienings baat te vind, moet ons ons daarop toelê om goeie geestelike eetgewoontes te hê.

3 Jy kan jou afvra: ‘Lees ek elke dag die dagteks en kommentaar? Lees ek die Bybel daagliks en peins ek daaroor? Berei ek vir gemeentelike vergaderinge voor deur die materiaal voor die tyd te bestudeer? Het ek ons jongste publikasies deurgelees, insluitende Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom I?’

4 Jesus het belowe: “Gelukkig is dié wat bewus is van hulle geestelike behoefte . . . Gelukkig is dié wat honger en dors na regverdigheid, want hulle sal versadig word” (Matt. 5:3, 6). Ontwikkel dus goeie eetgewoontes deur jou verstand en hart met die kennis van God te vul.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel