Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/02 bl. 4
  • Het julle gemeente ’n groot gebied?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het julle gemeente ’n groot gebied?
  • Ons Koninkryksbediening—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied Die Goeie Nuus Aan—In gebied wat gereeld gedek word
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Maniere om die goeie nuus te verkondig
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Wanneer mense nie tuis is nie
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Het jy ’n persoonlike gebied?
    Ons Koninkryksbediening—2006
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2002
km 5/02 bl. 4

Het julle gemeente ’n groot gebied?

1 Van die stede in Judea tot die platteland van Galilea het Jesus regdeur die groot gebied van eertydse Israel ’n deeglike getuienis gegee (Mark. 1:38, 39; Luk. 23:5). Ons moet ook soveel mense as moontlik met die goeie nuus bereik (Mark. 13:10). Dit kan egter ’n uitdaging wees. Waarom?

2 Baie gemeentes het ’n groot gebied buite die dorp wat honderde vierkante kilometers dek. Anderstalige gemeentes werk dalk in dig bevolkte stadsgebiede en soek na mense wat hulle taal praat. Wat kan ons doen om die mense wat in sulke groot gebiede woon, te help om die waarheid aangaande Jehovah, Jesus en die Koninkryk te leer?

3 Beplan sorgvuldig: Die diensopsiener en die gebiedskneg moet saamwerk sodat die gemeente se pogings doeltreffend sal wees. Dalk kan spesiale Saterdae gereël word wanneer die meeste ’n volle dag in die werk kan deurbring. Wanneer julle in ’n afgeleë gebied werk, beplan om, indien moontlik, langer velddiens te doen en neem iets saam om in die middag te eet. Julle kan die velddiensvergadering dalk vroeër as gewoonlik hou om tyd toe te laat om na die gebied toe te ry of julle kan die velddiensvergadering naby die gebied hou waar julle gaan werk. Hou kargroepe klein sodat almal besig sal bly. Reël om in gebied buite die dorp te werk gedurende seisoene wanneer die weer gunstig en die paaie in ’n goeie toestand is.

4 Diegene wat in anderstalige gebied werk, kan kosbare tyd spaar deur ’n bygewerkte lys van name en adresse en ’n goeie kaart te hê. Reël die gebied sodat ’n groep na al die adresse in ’n sekere omgewing kan gaan.

5 Sorg dat julle genoeg lektuur saamneem. As ’n gebied selde gedek word, is dit dalk gepas om ’n traktaat of ’n ou tydskrif te laat waar niemand tuis was nie. As die traktaat Wil jy graag die Bybel beter leer ken? in jou taal beskikbaar is, bied dit vir almal aan met wie jy praat en laat dit by huise waar niemand tuis was nie.

6 Gee julle volle samewerking: Die samewerking van almal in die gemeente is nodig as julle ’n groot gebied het. Wanneer julle baie moet ry, kan dié wat saamry, die petrolkoste deel. Julle moet goeie oordeel aan die dag lê wanneer julle huisbewoners kry wat bereid is om met julle te praat. Wees altyd daarvan bewus dat julle almal in die gebied moet bereik, en wees bedagsaam teenoor dié wat in die motor wag. As jy ’n langer gesprek met ’n belangstellende wil voer, kan jy gerus reëlings tref sodat die res van die groep nie opgehou word nie.

7 Tref definitiewe reëlings om na alle belangstellendes terug te gaan. Probeer om nie net die adres van die belangstellende te kry nie, maar ook sy telefoonnommer, sodat jy met hom in aanraking kan kom en oor die telefoon verder kan getuig. As die paaie nie name of die huise nie nommers het nie, moet jy ’n volledige kaart teken of ’n goeie beskrywing neerskryf van hoe jy by die belangstellende kan uitkom om die herbesoek te doen.

8 Wat ’n wonderlike voorreg het ons tog om Jesus se opdrag uit te voer: “In watter stad of dorpie julle ook al ingaan, soek wie daarin verdienstelik is”! (Matt. 10:11). Jehovah sal beslis julle pogings seën wanneer julle julle gewillig inspan in hierdie uiters lonende werk!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel