Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/03 bl. 1
  • Volg Jehovah se goedheid na

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Volg Jehovah se goedheid na
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • “Hoe groot is sy goedheid tog!”
    Kom nader aan Jehovah
  • Die verbasende omvang van God se goedheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Goedheid – Hoe kan jy dit aankweek?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Die oorvloedige goedheid van Jehovah
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2003
km 8/03 bl. 1

Volg Jehovah se goedheid na

1 Beweeg ’n pragtige sonsondergang of ’n heerlike maaltyd ons nie om Jehovah, die Bron van alle goedheid, te dank nie? Sy goedheid wek die begeerte in ons om hom na te volg (Ps. 119:66, 68; Ef. 5:1). Hoe kan ons goedheid aan die dag lê?

2 Teenoor ongelowiges: Een manier waarop ons Jehovah se goedheid kan navolg, is deur opreg besorg te wees oor diegene wat nie in die geloof aan ons verwant is nie (Gal. 6:10). As ons op praktiese maniere goedheid aan die dag lê, kan dit ’n positiewe uitwerking hê op hulle beskouing van Jehovah se Getuies en die boodskap wat ons verkondig.

3 Terwyl ’n jong pionierbroer byvoorbeeld by ’n mediese kliniek gewag het, het hy langs ’n bejaarde vrou gesit wat sieker as die meeste ander pasiënte gelyk het. Toe dit sy beurt was om die dokter te spreek, het hy die vrou in sy plek laat gaan. Hy het haar later weer ontmoet, dié keer by die mark, en sy was baie bly om hom te sien. Hoewel sy voorheen nie in die goeie nuus belanggestel het nie, het sy gesê dat sy nou weet dat Jehovah se Getuies waarlik hulle naaste liefhet. ’n Gereelde Bybelstudie is met haar begin.

4 Teenoor ons broers: Ons volg ook Jehovah se goedheid na wanneer ons moeite doen om medegelowiges te help. In tye van rampe is ons van die eerstes wat ons broers te hulp snel. Ons openbaar hierdie selfde gesindheid wanneer ons diegene help wat vervoer na vergaderinge nodig het, wanneer ons siekes besoek en wanneer ons verruim word in ons liefde vir diegene in die gemeente wat ons nie goed ken nie.—2 Kor. 6:11-13; Heb. 13:16.

5 Nog ’n manier waarop Jehovah goedheid betoon, is deur “vergewensgesind” te wees (Ps. 86:5). In navolging van hom kan ons ons liefde vir goedheid toon deur ander te vergewe (Ef. 4:32). Dit help om ons assosiasie met medegelowiges ‘goed en lieflik’ te maak.—Ps. 133:1-3.

6 Mag Jehovah se oorvloedige goedheid ons beweeg om sy lof te laat uitborrel en van vreugde te straal. En mag dit ons aanspoor om sy goedheid na te volg in alles wat ons doen.—Ps. 145:7; Jer. 31:12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel