Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/06 bl. 5
  • (1) Vraag, (2) teks en (3) hoofstuk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • (1) Vraag, (2) teks en (3) hoofstuk
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Voorgestelde velddiensaanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Hoe om die Leer Bybel-boek aan te bied
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2009
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 3/06 bl. 5

(1) Vraag, (2) teks en (3) hoofstuk

’n Eenvoudige manier om Wat leer die Bybel werklik? aan te bied, is om (1) ’n beskouingsvraag te opper, (2) ’n gepaste teks te lees en (3) die aandag te vestig op ’n hoofstuk in die boek wat daardie onderwerp bespreek deur die inleidende vrae onder die hoofstuktitel te lees. As die huisbewoner belangstelling toon, sal jy dalk ’n Bybelstudie kan demonstreer deur die eerste paar paragrawe van daardie hoofstuk te gebruik. Hierdie benadering kan gebruik word om ’n studie te begin tydens die eerste besoek of tydens ’n herbesoek.

◼ “Dink jy dit is moontlik vir nietige mense om ons almagtige Skepper te leer ken soos die Bybel hier sê?” Lees Handelinge 17:26, 27 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 1.

◼ “In die lig van die uitdagings waarvoor ons vandag te staan kom, dink jy dat dit moontlik is om die vertroosting en hoop te vind wat hier beskryf word?” Lees Romeine 15:4 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 2.

◼ “Sou jy hierdie veranderinge teweegbring as jy die mag gehad het om dit te doen?” Lees Openbaring 21:4 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 3.

◼ “Dink jy dat ons kinders ooit die toestande sal kan geniet wat in hierdie eertydse lied opgeteken is?” Lees Psalm 37:10, 11 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 3.

◼ “Dink jy dat die dag ooit sal kom wanneer hierdie woorde vervul sal word?” Lees Jesaja 33:24 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 3.

◼ “Het jy al ooit gewonder of die dooies weet wat die lewendes doen?” Wag vir ’n antwoord. Lees dan Prediker 9:5 en vestig die aandag op hoofstuk 6.

◼ “Dink jy dit is moontlik dat ons eendag ons geliefdes wat gesterf het, weer sal sien, soos Jesus in hierdie verse gesê het?” Lees Johannes 5:28, 29 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 7.

◼ “Wat dink jy sal nodig wees sodat God se wil op die aarde kan geskied soos in die hemel, soos in hierdie welbekende gebed gemeld word?” Lees Matteus 6:9, 10 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 8.

◼ “Dink jy ons lewe in die tydperk wat in hierdie profesie beskryf word?” Lees 2 Timoteus 3:1-4 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 9.

◼ “Baie mense wonder waarom dit lyk asof die mensdom se probleme al hoe erger word. Het jy al ooit hieraan gedink as ’n moontlike rede?” Lees Openbaring 12:9 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 10.

◼ “Wou jy al ooit die antwoord op ’n vraag soos dié weet?” Lees Job 21:7 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 11.

◼ “Dink jy dat die toepassing van hierdie Bybelraad mense sal help om ’n gelukkige gesinslewe te geniet?” Lees Efesiërs 5:33 en wag vir ’n antwoord. Vestig dan die aandag op hoofstuk 14.

’n Bybelstudie mag gerapporteer word wanneer dit twee keer gehou is nadat die studiereëling gedemonstreer is en daar rede is om te glo dat die studie sal voortgaan.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel