Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/06 bl. 1
  • Help ander om God se vriend te word

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help ander om God se vriend te word
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe jy na aan God kan kom
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
  • Kom nader aan God deur gebed
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Waarom moet ons onophoudelik bid?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Ouers – Help julle kinders om Jehovah lief te kry
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 10/06 bl. 1

Help ander om God se vriend te word

1 Vandag word mense uit alle nasies Jehovah se weë geleer (Jes. 2:2, 3). Maar hierdie persone moet Jehovah leer liefkry voordat hulle “met volharding [kan] vrug dra” (Luk. 8:15; Mark. 12:30). Sonder sulke liefde sal hulle nie die krag hê om onheilsame invloede te weerstaan of die moed hê om te doen wat reg is nie. Een manier om ander te help om ’n goeie verhouding met Jehovah te ontwikkel, is deur waardering vir sy eienskappe by hulle op te bou. Moedig hulle aan om diep na te dink oor die inligting in die boek Kom nader aan Jehovah.

2 Jou voorbeeld: Wat jy doen, kan ’n kragtige uitwerking op Bybelstudente se harte hê. Wanneer hulle sien dat jy jou vriendskap met Jehovah as iets kosbaars beskou en hoe dit jou lewe raak, sal hulle dalk beweeg word om self so ’n persoonlike verhouding aan te kweek (Luk. 6:40). Ja, ons voorbeeld het dikwels ’n groter invloed op ander as ons woorde.

3 ’n Belangrike manier waarop ouers hulle kinders leer om Jehovah lief te hê, is deur hulle voorbeeld (Deut. 6:4-9). Een egpaar wat baie graag hulle kinders in die waarheid wou grootmaak, het suksesvolle ouers raad gevra. “Almal met wie ek gepraat het, het melding gemaak van die voorbeeld wat ouers stel”, het die man gesê. Deur middel van hulle hele lewenswyse kan ouers dus hulle kinders van ’n lewende voorbeeld voorsien van wat dit beteken om “Jehovah se vriend” te wees.—Jak. 2:23.

4 Hartgrondige gebed: Jy kan ander ook help om ’n vriendskap met Jehovah aan te kweek deur hulle te leer om uit die hart uit te bid. Jy kan hulle aandag vestig op Jesus se modelgebed, sowel as op die talle opregte gebede wat in die Skrif opgeteken is (Matt. 6:9, 10). Jy kan deur jou eie gebede jou kinders en Bybelstudente leer hoe om te bid. Wanneer hulle jou hartgrondige woorde hoor, kom hulle agter hoe jy oor Jehovah voel. Moedig hulle aan om ‘vol te hou met gebed’ wanneer hulle voor beproewinge te staan kom (Rom. 12:12). Wanneer hulle Jehovah se hulp in tye van nood ondervind, sal hulle hom as ’n ware vriend begin vertrou en begin liefhê.—Ps. 34:8; Fil. 4:6, 7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel