Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/07 bl. 1
  • Stel jou dit ten doel om ’n Bybelstudie te hou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Stel jou dit ten doel om ’n Bybelstudie te hou
  • Ons Koninkryksbediening—2007
  • Soortgelyke materiaal
  • Jy kan jou geestelike doelwitte bereik
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Kan jy mense help om dissipels te word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • Waarom dit jou begeerte moet wees om ’n Bybelstudie te hou
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Hoe om tuisbybelstudies te begin
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2007
km 12/07 bl. 1

Stel jou dit ten doel om ’n Bybelstudie te hou

1 “Slaan julle oë op en aanskou die lande, dat hulle wit is vir die oes” (Joh. 4:35). Hierdie woorde van Jesus Christus is beslis van toepassing op die situasie waarin Christenbedienaars hulle vandag bevind.

2 Daar word nog steeds opregtes van hart gevind wat graag Jehovah se weë geleer wil word. Dit kan duidelik gesien word uit die aantal nuwe dissipels wat elke jaar gedoop word. Wat kan jy doen as jy graag ’n Bybelstudie wil hou?

3 Stel jou dit ten doel: Eerstens moet jy jou dit ten doel stel om ’n gereelde Bybelstudie te begin en te hou. Hou jou doel in gedagte terwyl jy aan die veldbediening deelneem. Aangesien ons Christelike opdrag nie net behels dat ons getuig nie, maar ook dat ons ander onderrig, moet ons almal probeer om ’n groter aandeel aan die Bybelstudiewerk te hê.—Matt. 24:14; 28:19, 20.

4 Ander punte om in gedagte te hou: Hartgrondige gebed is noodsaaklik vir Koninkryksverkondigers. Soms vind ons mense wat vir geestelike hulp gebid het. Wat ’n seën is dit tog om deur Jehovah gebruik te word om hierdie mense te vind en te onderrig!—Hag. 2:7; Hand. 10:1, 2.

5 ’n Suster het gebid om ’n Bybelstudie te kry en het toe eksemplare van die traktaat Wil jy graag die Bybel beter leer ken? by haar werk vertoon. Toe ’n vrou een van die traktate optel, dit deurlees en die koepon begin invul, het die suster met haar gesels en ’n Bybelstudie begin.

6 Ander verkondigers wat welslae daarin behaal om Bybelstudies te begin en te hou, kan jou help om jou doel te bereik om ’n Bybelstudie te hou. Soek biddend na ’n Bybelstudie, en benut al die beskikbare hulp om hierdie doel te bereik. Miskien sal jy binnekort die vreugde smaak om ’n Bybelstudie te hou.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel