Gedenkmaal-herinneringe
Die ouer manne moet aan die volgende sake aandag skenk ter voorbereiding vir die Gedenkmaal:
◼ Maak seker dat die embleme eers ná sononder omgestuur sal word.
◼ Die gepaste soort brood en wyn moet verkry en reggesit word.—Sien Die Wagtoring van 15 Februarie 2003, bladsye 14-15.
◼ Borde, glase en ’n geskikte tafel en tafeldoek moet vooraf na die saal gebring en reggesit word.
◼ Die Koninkryksaal of ander vergaderplek moet voor die tyd deeglik skoongemaak word.
◼ Saalwagters en bedieners moet vooraf gekies en ingelig word oor hulle pligte, die regte prosedure en die belangrikheid van waardige kleredrag en persoonsversorging.
◼ Reëlings moet getref word om die embleme te bedien aan enige van die gesalfdes wat siek is en nie teenwoordig kan wees nie.
◼ Wanneer meer as een gemeente dieselfde Koninkryksaal gaan gebruik, moet daar goeie samewerking tussen gemeentes wees om ’n onnodige samedromming in die ingang of voorportaal, op die sypaadjies en in die parkeerterrein te vermy.
◼ As ’n ander vergaderplek gebruik word, moet daar seker gemaak word dat daar ’n behoorlike klankstelsel sal wees sodat almal teenwoordig die spreker sal kan hoor.