Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/08 bl. 8
  • Persoonlike en gesinsbybelstudie is onontbeerlik!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Persoonlike en gesinsbybelstudie is onontbeerlik!
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulp vir gesinne
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Bestudeer God se Woord gereeld saam as ’n gesin
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Christengesinne—‘Hou Julle Gereed’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • ’n Gesinstudie wat vreugde bring
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2008
km 10/08 bl. 8

Persoonlike en gesinsbybelstudie is onontbeerlik!

1. Waaroor is die Bestuursliggaam vandag veral besorg, en waarom?

1 Soos in die eerste eeu, is die Bestuursliggaam diep besorg oor die welsyn van Jehovah se volk (Hand. 15:6, 28). Aangesien die donker wolke van die groot verdrukking al hoe nader kom, is dit noodsaaklik dat elke Koninkryksverkondiger ’n hegte verhouding met Jehovah moet hê. Hoe sal jy die tyd gebruik wat voorheen aan die Gemeentelike Boekstudie gewy is? Almal word aangemoedig om hierdie tyd vir gesinsaanbidding te gebruik. As ons hierdie tyd verstandig gebruik, sal dit ons in staat stel om dieper in God se geïnspireerde Woord te delf en deur die lewegewende waters daarvan gevoed te word.—Ps. 1:1-3; Rom. 11:33, 34.

2. Hoe kan almal van ons ons aand vir gesinsaanbidding gebruik?

2 Aand vir gesinsaanbidding: Gesinshoofde word aangemoedig om hulle verantwoordelikheid voor Jehovah na te kom deur seker te maak dat ’n betekenisvolle, gereelde program van gesinsbybelstudie gevolg word (Deut. 6:6, 7). Ongetroude broers en susters sonder gesinsverantwoordelikhede sal hierdie tyd vir persoonlike Bybelstudie en navorsing kan gebruik. Dit is noodsaaklik dat ons almal ‘die geleë tyd uitkoop’ vir studie en bepeinsing sodat ons in hierdie ‘bose dae’ geestelik sterk kan bly.—Ef. 5:15, 16.

3, 4. Watter voorstelle word gemaak in verband met die materiaal wat ons kan gebruik, en met watter doelwit in gedagte?

3 Wat om te studeer: Die Watch Tower Publications Index of Watchtower Library op CD-ROM kan jou help om inligting te vind wat julle tye van Bybelstudie genotvol sal maak. Gesinne kan artikels uit Die Wagtoring bespreek, soos die rubrieke “Sleutels tot gesinsgeluk”, “Leer jou kinders” en “Vir ons jongmense”. Die Ontwaak! bevat ook die “Jongmense vra”-reeks en fassinerende artikels oor die wonders van die skepping.

4 Ongejaagde Bybellees kan goddelike beginsels en lesse in die verstand en hart van elkeen in die gesin inprent (Heb. 4:12). By ander geleenthede kan julle na een van die video’s kyk wat deur die organisasie vervaardig is en dit bespreek. Daar is baie geleenthede om vindingryk en kreatief te wees. Vra jou gesin gerus wat hulle sal geniet.

5. Waarom is persoonlike en gesinsbybelstudie nou so belangrik in ons lewe?

5 Waarom nou belangrik: As ons ons geestelikheid versterk, sal dit ons voorberei om ‘vas te staan en die redding van Jehovah te sien’ (Eks. 14:13). Ouers het goddelike leiding nodig om kinders groot te maak “te midde van ’n verdorwe en verdraaide geslag” (Fil. 2:15). Kinders het hulp nodig om die verslegtende sedelike klimaat in skole die hoof te bied (Spr. 22:3, 6). Dit sal goed wees as egpare hulle “driedubbele tou” met Jehovah versterk (Pred. 4:12). Laat ons dan die oorblywende tyd wyslik gebruik om ons op ons “allerheiligste geloof” op te bou!—Jud. 20.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel