Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp20 nr. 2 bl. 4-5
  • Hoekom het ons God se Koninkryk nodig?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoekom het ons God se Koninkryk nodig?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2020
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • MENSE BEGIN REGEER
  • TYD VIR AKSIE!
  • God se Koninkryk—die aarde se nuwe heerskappy
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • God gaan lyding nie meer lank toelaat nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • ’n Geskil wat jou raak
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • Jehovah se manier van regeer word geregverdig!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2020
wp20 nr. 2 bl. 4-5
Adam en Eva kyk na ’n waterval in die tuin van Eden.

Toe God regeer het, was daar vrede en eenheid onder alles wat hy geskep het

Hoekom het ons God se Koninkryk nodig?

Toe die eerste mense geskep is, was ons Skepper, wie se naam Jehovah is, die enigste Heerser. Hy het op ’n liefdevolle manier regeer. Hy het ’n pragtige tuin in Eden gemaak waar mense kon woon. En hy het vir hulle oorgenoeg kos gegee. Hy het ook vir mense werk gegee wat hulle sou geniet (Genesis 1:28, 29; 2:8, 15). Mense sou vrede geniet het as hulle toegelaat het dat God liefdevol oor hulle regeer.

Adam met die verbode vrug wat Eva vir hom gegee het.

Die eerste mense het God as hulle Heerser verwerp

Die Bybel wys dat ’n opstandige engel, wat later Satan die Duiwel genoem is, gesê het dat God nie die reg het om oor mense te regeer nie. Hy het gesê dat mense gelukkiger sou wees as God nie oor hulle regeer en hulle lei nie. Ongelukkig het ons eerste ouers, Adam en Eva, Satan se voorbeeld gevolg en teen God gerebelleer. – Genesis 3:1-6; Openbaring 12:9.

Adam en Eva het God as hulle Heerser verwerp, en daarom kon hulle nie meer in die Paradys bly nie. Hulle het ook die kans verloor om vir ewig te lewe met volmaakte gesondheid (Genesis 3:17-19). Hulle besluit het ook ’n uitwerking gehad op die kinders wat hulle later gehad het. Die Bybel sê dat “sonde . . . in die wêreld ingekom [het] en die dood deur die sonde” omdat Adam gesondig het (Romeine 5:12). Sonde het nog ’n ernstige probleem veroorsaak: “Die mens [het] oor die mens [geheers] tot sy nadeel” (Prediker 8:9). Met ander woorde, wanneer mense oor hulleself regeer, sal daar altyd probleme wees.

MENSE BEGIN REGEER

Die arrogante Nimrod. In die agtergrond is mense besig om iets te bou.

Nimrod het teen God gerebelleer

Die eerste menseheerser wat in die Bybel genoem word, is Nimrod. Hy het teen Jehovah gerebelleer en gewys dat hy nie wil hê dat Jehovah oor mense moet regeer nie. Van Nimrod se tyd af het magtige mense hulle gesag misbruik. Ongeveer 3 000 jaar gelede het die wyse koning Salomo geskryf: “Ek het die trane van die onderdruktes gesien, en daar was niemand om hulle te vertroos nie. Hulle onderdrukkers het die mag gehad.” – Prediker 4:1.

Ons het vandag dieselfde probleem. In 2009 het ’n publikasie van die Verenigde Nasies gesê dat dit al hoe duideliker word dat die slegte manier waarop mense regeer “een van die hoofredes is vir al die slegte dinge in die wêreld”.

TYD VIR AKSIE!

Die wêreld het beter heersers en ’n beter regering nodig. En dit is wat ons Skepper belowe het!

Collage: Wat menseregerings veroorsaak het. 1. ’n Vrou sit in ’n vuil straat met ’n baba wat huil. 2. ’n Siek man in ’n hospitaal. 3. Soldate in ’n oorlog. 4. ’n Groep mense wat betoog, skree en hou plakkate vas. 5. ’n Vrou en haar dogter staan buite hulle huis en sien dat die glas van hulle deur gebreek is. 6. Besoedeling in ’n stad.

Selfs die beste menseregerings kon dit nie regkry om mense se ernstige probleme op te los nie

God het ’n Koninkryk, of regering, gevorm wat alle menseregerings sal vervang, en “dit alleen sal vir ewig bestaan” (Daniël 2:44). Dit is die Koninkryk waarvoor miljoene mense al lank bid (Matteus 6:9, 10). Maar God sal nie die heerser van hierdie regering wees nie. Hy het eerder ’n Heerser aangestel wat voorheen as ’n mens gelewe het. Wie het God gekies?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel