Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/10 bl. 3-5
  • “Jy sal ’n goeie pionier wees!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Jy sal ’n goeie pionier wees!”
  • Ons Koninkryksbediening—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Pioniers bring en ontvang seëninge
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Pionierdiens—Is dit vir jou?
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Die seëninge van die pionierbediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Nou is die tyd om die predikingswerk te doen!
    Ons Koninkryksbediening—2005
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2010
km 5/10 bl. 3-5

“Jy sal ’n goeie pionier wees!”

1. Hoe het ’n suster oor haar pionierbediening gevoel?

1 “Geen ander werk kon my soveel bevrediging verskaf het of vir my soveel geestelike seëninge meegebring het nie.” Dit is wat Kathe B. Palm gesê het. Sy het dekades lank as ’n selfopofferende pionierbedienaar van die een kant tot die ander kant van Chili, Suid-Amerika, getuig. Met die vervullende lewe van voltydse bedienaars in gedagte het iemand dalk al vir jou gesê: “Jy sal ’n goeie pionier wees!”

2. Verduidelik waarom diepe bevrediging die gevolg is van geestelike bedrywighede.

2 ’n Bevredigende lewe: Ons Voorbeeld, Jesus, het ware verkwikking gevind deur sy Vader se wil te doen (Joh. 4:34). Daarom het Jesus sy volgelinge in alle opregtheid geleer dat ware bevrediging voortspruit uit bedrywighede wat verband hou met die aanbidding van Jehovah. Ons is tevrede wanneer ons lewe vol bedrywighede is wat Jehovah se goedkeuring wegdra. En wanneer ons meer van ons tyd, energie en middele gebruik om ander te help, word ons gelukkiger.—Hand. 20:31, 35.

3. Watter vreugde kan ons smaak as ons meer tyd in die bediening deurbring?

3 Hoe meer tyd ons in die bediening deurbring, hoe meer geleenthede het ons om die vreugde te smaak om Bybelstudies te begin en te hou. Selfs waar baie huisbewoners onverskillig is, vind ons dalk dat ons gebied produktiewer is as wat ons aanvanklik gedink het, wanneer ons meer ondervinding opdoen en vaardiger in die bediening word. Pioniers kan, nadat hulle sowat ’n jaar lank gepionier het, baat vind by die oorvloedige opleiding wat hulle by die Pionierdiensskool ontvang (2 Tim. 2:15). Terwyl ons volhard, plant ons heel moontlik saadjies van waarheid wat later vrugte sal dra.—Pred. 11:6.

4. Wat moet jongmense wat amper klaar is met skool, oorweeg?

4 Jongmense: Het jy al, terwyl jy jou basiese skoolopleiding voltooi, goed nagedink oor jou toekoms? Tot nou toe het jou skoolwerk die meeste van jou tyd in beslag geneem. Hoe sal jy hierdie tyd gebruik nadat jy klaargemaak het met skool? Oorweeg gerus biddend die gewone pionierdiens as doelwit eerder as om ’n sekulêre loopbaan te volg. Die vaardighede wat jy sal leer—om vir mense uit verskillende agtergronde te getuig, persoonlike struikelblokke te bowe te kom, selfdissipline aan te kweek en onderrigvermoë te ontwikkel—sal jou jou hele lewe lank tot voordeel strek.

5. Hoe kan ouers en die gemeente die pionierdiens voorstaan?

5 Ouers, spoor julle julle kinders aan om die voltydse diens te betree? Julle woorde en goeie voorbeeld kan hulle grootliks help om Koninkryksbelange eerste te stel (Matt. 6:33). Ray, wat begin pionier het nadat hy sy hoërskoolopleiding voltooi het, vertel: “My ma het altyd gevoel dat die pionierdiens tot ’n baie bevredigende lewe lei.” Almal in die gemeente kan deur hulle woorde en ondersteuning pionierdiens voorstaan. Jose, uit Spanje, sê: “Ons gemeente het die pionierwerk as die beste loopbaan vir jongmense beskou. Hulle kommentare en waardering vir die pionierdiens tesame met hulle praktiese hulp het dit vir my makliker gemaak om te begin pionier.”

6. Wat kan ons doen as ons nie nou die begeerte het om te pionier nie?

6 Kom struikelblokke te bowe: Maar gestel jy sê: ‘Ek het nie die begeerte om te pionier nie.’ As dit is hoe jy aanvanklik voel, kan jy tot Jehovah daaroor bid en vir hom sê: ‘Ek weet nie of pionierdiens vir my is nie, maar ek wil doen wat u gelukkig maak’ (Ps. 62:8; Spr. 23:26). Soek dan sy leiding deur sy Woord en organisasie. Talle gewone pioniers het die pionierdiens eers ‘gesmaak’ deur hulppionierdiens te doen, en die vreugde wat hulle ervaar het, het hulle beweeg om ’n loopbaan in die voltydse diens na te streef.—Ps. 34:8.

7. Wat kan ons doen as ons nie seker is dat ons aan die maandelikse vereiste van 70 uur kan voldoen nie?

7 Gestel jy is nie seker dat jy aan die maandelikse vereiste van 70 uur kan voldoen nie. Praat gerus met pioniers wat soortgelyke omstandighede as jy het (Spr. 15:22). Stel dan ’n hele paar moontlike roosters op. Jy sal dalk vind dat dit makliker is om tyd van onbelangrike bedrywighede vir die bediening uit te koop as wat jy gedink het.—Ef. 5:15, 16.

8. Waarom moet ons van tyd tot tyd ons omstandighede weer ondersoek?

8 Kyk weer na jou situasie: Dikwels verander persoonlike omstandighede. Dit is goed om van tyd tot tyd jou situasie weer te ondersoek. Sal jy byvoorbeeld binnekort aftree? Randy, wat vroeg afgetree het, sê: “Hierdie besluit het my in staat gestel om saam met my vrou gewone pionierdiens te begin doen, en dit het ons die geleentheid gegee om te trek en te dien waar meer verkondigers nodig is. Ek het ontelbare seëninge ontvang weens my besluit, maar die heel grootste seën is ’n goeie gewete.”

9. Wat moet egpare oorweeg?

9 Party egpare het ná ’n deeglike ondersoek gevind dat hulle nie al twee voltyds hoef te werk nie. Dit kan weliswaar vereis dat die gesin hulle lewe moet vereenvoudig, maar dit is die opoffering werd. John, wie se vrou onlangs haar voltydse werk opgegee het om haar bediening uit te brei, sê: “Daar is geen beter gevoel as om te weet dat my vrou gedurende die dag by geestelike dinge betrokke is nie.”

10. Wat beweeg Christene om pionierdiens te oorweeg?

10 ’n Bewys van liefde en geloof: Jehovah het die predikingswerk die allerbelangrikste werk gemaak wat ons kan doen. Hierdie ou stelsel sal binnekort vernietig word, en net diegene wat Jehovah se naam aanroep, sal gered word (Rom. 10:13). ’n Hart vol liefde vir hom en dankbaarheid vir wat hy vir ons gedoen het, sal ons beweeg om sy Seun se opdrag om ywerig te preek, te gehoorsaam (Matt. 28:19, 20; 1 Joh. 5:3). Daarbenewens sal geloof dat ons inderdaad in die laaste dae lewe, ons beweeg om die wêreld nie ten volle te gebruik nie, maar om eerder soveel moontlik in die bediening te doen terwyl daar nog tyd is.—1 Kor. 7:29-31.

11. Hoe moet ons dit beskou as iemand vir ons sê dat ons ’n goeie pionier sal wees?

11 Gewone pionierdiens is meer as net ’n reaksie op ’n organisatoriese reëling; dit is ’n blyk van ons toegewydheid aan God. As iemand vir jou sê dat jy ’n goeie pionier sal wees, kan jy dit dus as ’n kompliment beskou. En oorweeg dit biddend om aan te sluit by diegene wat deelneem aan hierdie bevredigende aspek van die bediening.

[Lokteks op bladsy 4]

Ouers, spoor julle julle kinders aan om die voltydse diens te betree?

[Lokteks op bladsy 5]

Jehovah het die predikingswerk die allerbelangrikste werk gemaak wat ons kan doen.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel