‘Moenie bang wees nie’
1. Voor watter uitdagings, soortgelyk aan dié van Jeremia, kan ons te staan kom?
1 Toe Jeremia as ’n profeet aangestel is, het hy gevoelens van onbekwaamheid gehad. Maar Jehovah het hom gerusgestel en gesê: “Moenie bang wees . . . nie”, en het hom liefdevol versterk om sy toewysing uit te voer (Jeremia 1:6-10). In ons dag kan skaamheid of ’n gebrek aan selfvertroue ’n invloed hê op ons deelname aan die bediening. Vrees vir hoe mense dalk gaan reageer of hoe hulle ons beskou, kan veroorsaak dat ons soms nie ’n getuienis lewer nie. Hoe kan ons sulke vrese te bowe kom, en tot watter persoonlike seëninge sal dit lei?
2. Hoe sal voorbereiding ons help om ons vrese in verband met die bediening te verminder?
2 Berei voor: Goeie voorbereiding kan baie help om ons vrese te verminder. As ons byvoorbeeld vooraf potensiële gesprekdempers hersien, sal ons voorbereid wees om algemene besware te oorkom (Spr. 15:28). Tydens Gesinsaanbidding kan oefensessies gebruik word om vir verskeie uitdagings by die skool en in die bediening voor te berei.—1 Pet. 3:15.
3. Hoe help vertroue op Jehovah ons om vrees te bowe te kom?
3 Vertrou op Jehovah: Vertroue op ons God is ’n doeltreffende teenmiddel vir vrees. Jehovah het die versekering gegee dat hy ons sal help (Jes. 41:10-13). Niks kan ons veiliger laat voel nie. Daarbenewens het Jesus ons verseker dat God se heilige gees ons selfs in onverwagte situasies in staat sal stel om goed te kan getuig (Mark. 13:11). Vra Jehovah dus gereeld vir sy heilige gees.—Luk. 11:13.
4. Watter seëninge bring dit mee as ons ondanks uitdagings in die bediening volhard?
4 Seëninge: Terwyl ons ondanks uitdagings in die bediening volhard, word ons versterk om toekomstige beproewinge te deurstaan. Ons kweek moed en vrymoedigheid aan—eienskappe van mense wat met die heilige gees vervul is (Hand. 4:31). Wat meer is, namate ons persoonlike vrese met Jehovah se hulp oorkom, bou ons ons geloof en vertroue in sy reddende arm op (Jes. 33:2). Ons geniet ook die vreugde en bevrediging wat spruit uit die wete dat ons ons hemelse Vader behaag (1 Pet. 4:13, 14). Laat ons dan nie bang wees om die Koninkryksboodskap met vrymoedigheid te verkondig nie, in die volle vertroue dat Jehovah ons sal steun!