Die dagteks moenie meer by velddiensvergaderinge bespreek word nie
In die verlede het velddiensvergaderinge soms ’n kort bespreking van die dagteks ingesluit as dit met die bediening verband gehou het. Dit word nou verander. Ondersoek die Skrif elke dag moenie meer gedurende velddiensvergaderinge as ’n grondslag vir besprekings gebruik word nie. Soos tevore kan die broer wat die leiding neem, gebruik maak van die Bybel, Ons Koninkryksbediening, die Bedieningskool-boek, die Redenering-boek en ander materiaal wat met die bediening verband hou. Diegene wat aangewys is om die leiding te neem, moet iets prakties voorberei om dié te help wat daardie dag in velddiens uitgaan. Soos in die verlede moet die vergadering nie langer as 10 tot 15 minute wees nie, en dit moet nog korter wees as dit op ’n gemeentelike vergadering volg.