Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/11 bl. 1
  • Ons bediening—Gekenmerk deur geduld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons bediening—Gekenmerk deur geduld
  • Ons Koninkryksbediening—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Volg Jehovah se geduld na
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Leer uit die geduld van Jehovah en Jesus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Hoe om geduldiger te word
    Hulp vir die gesin
  • Hou aan om geduldig te wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2011
km 6/11 bl. 1

Ons bediening—Gekenmerk deur geduld

1. Hoe het Jehovah geduld met die mens beoefen?

1 Geduld is ’n kenmerk van God se handelinge met die mens (Eks. 34:6; Ps. 106:41-45; 2 Pet. 3:9). Een van die vernaamste voorbeelde van sy liefdevolle geduld kan in verband met die wêreldwye Koninkrykspredikingswerk gesien word. Jehovah is al byna 2 000 jaar lank geduldig met die mens, en tog hou hy aan om opregtes van hart na hom toe te trek (Joh. 6:44). Hoe kan ons bediening Jehovah se geduld weerspieël?

2. Hoe kan ons geduld beoefen wanneer ons in ons gebied werk?

2 Huis-tot-huis-bediening: Ons volg Jehovah se geduld na deur “sonder ophou” te preek in gebiede waar mense nog nie belangstelling getoon het nie (Hand. 5:42). Ons verduur geduldig onverskilligheid, bespotting en teenkanting teen ons bediening (Mark. 13:12, 13). Ons beoefen ook geduld deur vol te hou met ons pogings om saadjies van waarheid nat te gooi selfs wanneer dit moeilik is om belangstellendes by die huis te vind.

3. Waarom het ons geduld nodig wanneer ons herbesoeke doen en Bybelstudies hou?

3 Bybelstudies: Dit verg geduld om ’n plant te kweek. Ons kan dit versorg, maar ons kan dit nie vinniger laat groei nie (Jak. 5:7). Net so vind geestelike groei geleidelik en stap vir stap plaas (Mark. 4:28). Diegene met wie ons studeer, vind dit dalk moeilik om valse godsdiensoortuigings of onskriftuurlike gebruike te laat vaar. Ons moenie groei probeer verhaas deur druk op ons studente uit te oefen om veranderinge aan te bring nie. Dit verg geduld om ’n redelike hoeveelheid tyd toe te laat sodat God se gees op die hart van die student kan inwerk.—1 Kor. 3:6, 7.

4. Hoe kan geduld ons help om op doeltreffende wyse vir ongelowige familielede te getuig?

4 Ongelowige familielede: Hoewel dit ons hartsbegeerte is dat ons ongelowige familielede die waarheid moet leer, beoefen ons geduld deur vir die regte tyd te wag om hulle van ons geloof te vertel en dan versigtig te wees dat ons hulle nie met te veel inligting oorweldig nie (Pred. 3:1, 7). Intussen getuig ons deur middel van ons voorbeeld en bly ons gereed om met sagmoedigheid en diep respek oor ons geloof te praat (1 Pet. 3:1, 15). ’n Bediening wat deur geduld gekenmerk word, sal ongetwyfeld doeltreffender wees en sal ons hemelse Vader behaag.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel