Bêre
Gebruik jy hierdie brosjures?
Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
Saamgestel om byval te vind by mense wat min van die Bybel weet, veral dié wat aan nie-Christelike godsdienste behoort
Hoe om dit aan te bied: “Ons wil graag jou mening hoor oor wat hier in die Skrif (of in hierdie heilige boek) staan. [Lees Psalm 37:11, waarna daar in deel 11 verwys word.] Hoe dink jy sal die aarde wees wanneer hierdie profesie vervul is? [Wag vir ’n antwoord.] Dit is ’n voorbeeld van die hoop en vertroosting wat mense van alle kulture en gelowe uit die Bybel kan kry.” Lees die paragraaf boaan bladsy 3 en bied die brosjure aan.
Jy kan die volgende probeer: As jy ’n Bybelstudie in die Leer Bybel-boek met iemand van ’n nie-Christelike godsdiens hou, kan jy ’n paar minute aan die begin of einde van elke studie gebruik om een deel van hierdie brosjure te bespreek om hom ’n oorsig van die Bybel te gee.
Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?
Saamgestel om mense te help om te sien dat nie alle vorme van aanbidding vir God aanneemlik is nie
Hoe om dit aan te bied: Daar is baie vorme van aanbidding. Keur God al die teenstrydige maniere goed waarop mense beweer dat hulle hom aanbid? Lees Matteus 7:13, 14. Jesus, God se profeet, het getoon dat daar slegs twee weë is, een wat na die ewige lewe en die ander wat na vernietiging lei. Die doel van hierdie brosjure is om jou te help om die weg te vind wat na die ewige lewe lei.
Jy kan die volgende probeer: Bied aan om terug te kom en hierdie brosjure saam met die huisbewoner te lees en die tekste in sy Bybel na te slaan. Wanneer dit gepas is, kan jy die Leer Bybel-boek vir die huisbewoner aanbied.
Jy kan God se vriend wees!
Saamgestel om byval te vind by mense met min skoolopleiding of wat nie goed kan lees nie
Hoe om dit aan te bied: “Dink jy dit is moontlik dat ons vriende van God kan word? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Jakobus 2:23.] Hierdie brosjure is saamgestel om ons te help om, soos Abraham, God se vriend te word.”
Jy kan die volgende probeer: Demonstreer ’n Bybelstudie tydens die eerste besoek of die herbesoek deur die hele les 1 of ’n deel daarvan te bespreek.
Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?
Saamgestel om oortuigende bewys te lewer dat mense die dooies glad nie hoef te vrees nie. Dit gee bewyse dat die dooies magteloos is
Hoe om dit aan te bied: Baie mense vrees die dooies en glo dat die dooies nog ’n invloed op die lewendes kan hê. Wat leer die Bybel? Lees Prediker 9:5, 6, 10. Is dit volgens hierdie teks moontlik dat die dooies die lewendes kan liefhê of haat? Hierdie brosjure bevat duidelike en bevredigende antwoorde op vrae wat baie mense oor die toestand van die dooies vra.
Jy kan die volgende probeer: As die huisbewoner die brosjure neem, kan jy aanbied om terug te gaan om hierdie onderwerp te bespreek en enige vrae wat hy het, te beantwoord. Begin so gou as moontlik die Leer Bybel-boek gebruik.
The Guidance of God—Our Way to Paradise
Saamgestel om byval te vind by Moslems wat in ’n gebied woon waar hulle voel dat hulle die Bybel kan studeer
Hoe om dit aan te bied: “Is dit waar dat Moslems in een ware God en in al die profete glo? [Wag vir ’n antwoord.] Ek wil graag met jou praat oor ’n ou profesie wat voorspel dat die aarde in ’n paradys omskep gaan word. Kan ek vir jou lees wat die profeet geskryf het? [Lees Jesaja 11:6-9.] Baie mense het al gewonder presies hoe God sulke veranderinge op die aarde gaan teweegbring. Hierdie brosjure toon wat die profete oor hierdie onderwerp sê.”
Jy kan die volgende probeer: As die huisbewoner die brosjure neem, kan jy sê: “Hierdie boek van God verduidelik dat die mens in die begin in ’n paradys gewoon het. Wanneer ons weer gesels, sal ek graag die volgende vraag wil beantwoord: ‘Hoe het die mens van God se leiding afgewyk en die Paradys verloor?’” Wanneer jy teruggaan, kan jy die eerste deel van die afdeling bespreek wat op bladsy 6 begin.
Real Faith—Your Key to a Happy Life
Saamgestel om byval te vind by Moslems wat in ’n gebied woon waar hulle voel dat hulle die Bybel kan studeer
Hoe om dit aan te bied: Wys vir die persoon die prent op bladsye 16-17 en sê: “Hierdie toneel is baie anders as wat ons vandag in die wêreld sien. Dink jy dis moontlik dat die wêreld eendag so kan word? [Wag vir ’n antwoord.] Let op wat hierdie boek van God belowe. [Lees een van die aangehaalde tekste uit jou Bybel.] Hierdie brosjure help ons om ware geloof aan te kweek dat hierdie beloftes bewaarheid sal word.”
Jy kan die volgende probeer: Aan die einde van die eerste besoek kan jy die huisbewoner vra om een van die vrae op die agterblad te kies. Reël dan om die antwoord uit die brosjure te bespreek wanneer jy teruggaan.
The Pathway to Peace and Happiness
Saamgestel om byval te vind by Boeddhiste
Hoe om dit vir ’n ouer persoon aan te bied wat ’n Boeddhis is: “Jy is moontlik net so besorg soos ek oor al die verdorwe idees wat vandag versprei word en die uitwerking wat dit op ons kinders het. Waarom dink jy is daar so ’n toename in onsedelikheid onder jongmense? [Wag vir ’n antwoord.] Het jy geweet dat dit voorspel is in ’n boek wat wyse manne begin skryf het lank voordat die Christelike, Hindoe- en Moslem-geloof bestaan het? [Lees 2 Timoteus 3:1-3.] Let op dat hierdie toestande heers ten spyte van die feit dat mense voortdurend meer kennis opdoen. [Lees vers 7.] Die inligting in hierdie publikasie het my gehelp om waarhede te verstaan wat die meeste mense nooit leer nie. Sal jy dit graag wil lees?”
Jy kan die volgende probeer: Nadat jy die huisbewoner se belangstelling in die Bybel verder ontwikkel het, kan jy tydens ’n toekomstige herbesoek vir hom die vrae op die agterblad wys en sy aandag vestig op die koepon vir die Leer Bybel-boek. Sê vir hom dat jy ’n eksemplaar saamgebring het as hy dit wil sien. Wys vir hom die boek se inhoudsopgawe en bespreek een of twee paragrawe in die hoofstuk van sy keuse.
Why Should We Worship God in Love and Truth?
Saamgestel om byval te vind by Hindoes
Hoe om dit aan te bied: “’n Bekende Indiese gebed sê: ‘Lei my van dwaling na waarheid. Lei my van duisternis na lig.’ Dink jy dat dit belangrik is om God in liefde en waarheid te aanbid? [Wag vir ’n antwoord.] Let op wat Jesus hieroor gesê het.” Lees Johannes 4:24. Lees dan paragraaf 4 op bladsy 3 en bied die brosjure aan.
Jy kan die volgende probeer: As die huisbewoner die brosjure neem, kan jy sê: “Party Hindoe-wysgere sê dat die waarheid in ons hart verberg is. Ander sê dat die waarheid in heilige geskrifte gevind kan word. Volgende keer sal ek graag ’n vraag wil bespreek wat aan die einde van paragraaf 3 op bladsy 4 geopper word: ‘Waar moet ons soek om goddelike waarheid te vind?’”
Lasting Peace and Happiness—How to Find Them
Saamgestel om byval te vind by Chinese
Hoe om dit aan te bied: “Vandag is daar baie uitdagings wat ons ons geluk kan ontneem. Wat help jou om ondanks probleme gelukkig te wees? [Wag vir ’n antwoord.] Baie mense het geluk gevind omdat hulle die raad van die Bybel volg. [Lees Psalm 119:1, 2.] Party verwerp die Bybel omdat hulle dit as ’n Westerse boek beskou. Maar kyk hierna. [Bespreek paragraaf 16 op bladsy 17.] Hierdie brosjure bespreek hoe ons blywende vrede en geluk kan vind.”
Jy kan die volgende probeer: As die huisbewoner die brosjure neem, kan jy die eerste drie sinne van paragraaf 18 op bladsy 17 saam met hom lees en sê: “Wanneer ek terugkom, sal ek graag vir jou wil wys waarna ons volgens die Bybel kan uitsien.” Wanneer jy teruggaan, kan jy een van die punte in paragraaf 6 op bladsy 30 bespreek.