Beplan nou om jou bediening uit te brei
1. Wat is ’n belangrike aspek van die Gedenkmaalseisoen, en hoe kan ons daarvoor voorberei?
1 Elke Gedenkmaalseisoen bied ons nuwe geleenthede om ‘Jehovah grootliks te prys’ (Ps. 109:30). Sal jy jou bediening gedurende Maart uitbrei as ’n manier om waardering teenoor die Voorsiener van die losprys te toon? Nou is die tyd om daarvoor te begin beplan.—Spr. 21:5.
2. Hoe het jy en ander verlede jaar gereageer op die voorsiening van ’n verminderde uurvereiste vir hulppioniers in April?
2 Hulppionierdiens: Verlede jaar was daar ’n atmosfeer van opgewondenheid in gemeentes toe hulle hoor dat die uurvereiste vir hulppioniers in April verminder is. Een broer het geskryf: “Ek is nog op hoërskool, en dit is nie vir my moontlik om as ’n gewone pionier te dien nie. Maar ek gaan aansoek doen om gedurende April 30 uur te werk en probeer om 50 uur te haal.” ’n Suster wat voltyds werk, het geskryf: “Dertig uur—dit is so maklik bereikbaar!” Toe hierdie voorsiening aangekondig is, het een voormalige pionier wat nou in haar tagtigerjare is, gesê: “Dit is die oomblik waarvoor ek gewag het! Jehovah het geweet dat ek my lewe die meeste geniet het toe ek gepionier het!” Ander wat nie kon hulppionier nie, het doelwitte gestel om meer in die bediening te doen.
3. Watter redes is daar om dit te oorweeg om gedurende Maart, April en Mei hulppionierdiens te doen?
3 Maart sal ’n uitstekende maand wees om te hulppionier, aangesien ons weer die opsie sal hê om óf 30 óf 50 uur aan die hulppionierdiens te bestee. Ons sal ook vanaf Saterdag 17 Maart aan ’n spesiale kampanje deelneem om ander te nooi om op 5 April die Gedenkmaal saam met ons by te woon. Baie sal hulle groter aandeel aan die bediening só geniet dat hulle ook in April en Mei hulppionierdiens sal wil doen, met ’n vereiste van 50 uur.
4. Hoe kan ons meer in die bediening doen, en met watter gevolg?
4 Julle kan gerus gedurende julle volgende aand vir Gesinsaanbidding bespreek hoe elkeen in die gesin sy bediening tydens die Gedenkmaalseisoen kan uitbrei (Spr. 15:22). Vra Jehovah om julle pogings te seën (1 Joh. 3:22). Terwyl julle meer in die bediening doen, sal julle nie net meer lof aan Jehovah bring nie, maar julle vreugde sal ook toeneem.—2 Kor. 9:6.