Kyk jy gereeld na die kennisgewingbord?
Ouer manne, bedieningsknegte en ander wat gemeentelike verantwoordelikhede het, kyk gereeld na die kennisgewingbord om te sien wanneer hulle ’n toewysing het. Maar almal in die gemeente sal belangrike inligting daar vind. Weet jy wanneer dit julle beurt is om die Koninkryksaal skoon te maak? Het die kringopsiener of takkantoor belangrike korrespondensie aan die gemeente gestuur? Weet jy wat die titel van die openbare toespraak vir hierdie week is sodat jy jou Bybelstudent kan nooi? Is daar veranderinge aangebring in die vergaderingrooster of in jou velddiensgroep? Baie van hierdie inligting word nie meer gedurende die vergaderinge aangekondig nie, en dit is dalk nie vir die ouer manne moontlik om dit persoonlik aan elke verkondiger oor te dra nie. Ons moet dus gereeld na die kennisgewingbord kyk. As ons op hoogte van sake bly, sal alles “welvoeglik en volgens reëling” geskied.—1 Kor. 14:40.