Voorgestelde aanbiedings
Om op die eerste Saterdag in Augustus Bybelstudies te begin
“Feitlik almal bid soms. Selfs ateïste het al gebid wanneer hulle teëspoed ondervind. Dink jy dat God na alle gebede luister?” Wag vir ’n antwoord. Wys vir die huisbewoner die agterblad van die Wagtoring van 1 Augustus, en kyk saam na die inligting onder die eerste vraag en ten minste een van die teksverwysings. Bied die tydskrifte aan, en reël om terug te gaan en die volgende vraag te bespreek.
Let wel: Hierdie aanbieding moet gedurende die velddiensvergadering op 3 Augustus gedemonstreer word.
Die Wagtoring 1 Augustus
“Ons doen kort besoeke omdat baie mense besorg is oor hoe algemeen pornografie nou is. Baie ander meen egter dat pornografie ’n onskadelike tydverdryf is. Wat dink jy? [Wag vir ’n antwoord.] Jesus het gesê dat ons kan uitvind of iets goed is deur te kyk na die vrugte wat dit voortbring. [Lees Matteus 7:17.] Hierdie tydskrif bespreek die vrugte wat pornografie voortbring. Dit gee ook praktiese wenke oor hoe om van pornografie los te breek.”
Ontwaak! Augustus
“Die meeste van ons wil lewe so lank as wat ons kan. Dink jy dat vooruitgang in die wetenskap dit eendag moontlik sal maak om vir ewig te lewe? [Wag vir ’n antwoord.] Kyk na hierdie interessante belofte. [Lees 1 Korintiërs 15:26.] Maar hoe sal God dit doen—deur die wetenskap of op ’n ander manier? En waarom word ons nou oud en sterf ons? Hierdie tydskrif toon hoe die Bybel dié vrae beantwoord.”