Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/13 bl. 1
  • Neem die profete as ’n voorbeeld—Hosea

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Neem die profete as ’n voorbeeld—Hosea
  • Ons Koninkryksbediening—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • Hosea se profesie help ons om met God te wandel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Bybelboek nommer 28—Hosea
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Glanspunte uit die boek Hosea
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Wandel met God en maai wat goed is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2013
km 11/13 bl. 1

Neem die profete as ’n voorbeeld—Hosea

1. Watter vraag het jy jou dalk al afgevra?

1 ‘Watter opofferings is ek bereid om vir Jehovah te maak?’ Dalk het jy jou al hierdie vraag afgevra terwyl jy oor sy oorvloedige goedheid en barmhartigheid nagedink het (Ps. 103:2-4; 116:12). Hosea het gewilliglik gedoen wat Jehovah hom beveel het om te doen, selfs al het dit persoonlike opofferings vereis. Hoe kan ons Hosea navolg?

2. Hoe kan ons Hosea se goeie voorbeeld van volharding in die predikingswerk navolg?

2 Preek in moeilike tye: Hosea se boodskap is hoofsaaklik gerig aan die tienstammeryk van Israel, waar ware aanbidding byna uitgewis was. Koning Jerobeam II het gedoen wat sleg was in Jehovah se oë en het die kalfaanbidding voortgesit wat deur Jerobeam I begin is (2 Kon. 14:23, 24). Die konings ná hom het verder tot die geestelike agteruitgang van die tienstammeryk bygedra totdat dit uiteindelik in 740 VHJ vernietig is. Maar ten spyte van die heersende valse godsdiens het Hosea ten minste 59 jaar lank getrou as ’n profeet gedien. Is ons net so vasbeslote om jaar ná jaar te preek, selfs wanneer ons voor onverskilligheid of teenstand te staan kom?—2 Tim. 4:2.

3. Hoe het Hosea Jehovah se barmhartigheid weerspieël?

3 Konsentreer op Jehovah se barmhartigheid: Jehovah het Hosea die opdrag gegee om met “’n vrou van hoerery” te trou (Hos. 1:2). Hoewel sy vrou, Gomer, vir hom ’n seun gebaar het, het sy later blykbaar geboorte gegee aan twee buite-egtelike kinders. Hosea se bereidwilligheid om sy vrou te vergewe het Jehovah se groot barmhartigheid teenoor weerspannige Israel weerspieël toe hulle berou getoon het (Hos. 3:1; Rom. 9:22-26). Is ons bereid om persoonlike voorkeure te laat vaar om Jehovah se barmhartigheid aan alle soorte mense bekend te maak?—1 Kor. 9:19-23.

4. Wat is ’n paar opofferings wat ons vir Jehovah kan maak?

4 Party knegte van Jehovah het winsgewende loopbane prysgegee sodat hulle meer tyd aan die bediening kan wy. Ander het ongetroud of kinderloos gebly om Koninkryksbelange na te streef. Wanneer ons oor Hosea se lewe peins, dink ons miskien: ‘Ek sal nooit kan doen wat hy gedoen het nie.’ Maar wanneer ons waardering vir Jehovah se onverdiende goedhartigheid toeneem en ons op sy heilige gees staatmaak vir krag, kan ons, net soos Hosea, deur hom gebruik word op maniere wat ons nooit gedink het moontlik is nie.—Matt. 19:26; Fil. 2:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel