Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/14 bl. 2
  • Hoe ons kan verduidelik wat ons omtrent 1914 glo

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe ons kan verduidelik wat ons omtrent 1914 glo
  • Ons Koninkryksbediening—2014
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Nuttige reeks vir ons bediening
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Wanneer het God se Koninkryk begin heers?—Deel 2
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Wanneer het God se Koninkryk begin heers? (Deel 1)
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • ‘Volg my voortdurend’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2014
km 10/14 bl. 2

MAANDELIKSE TEMA: “VERKONDIG DIE WOORD, BLY DRINGEND DAARMEE BESIG.”—2 TIM. 4:2.

Hoe ons kan verduidelik wat ons omtrent 1914 glo

Die Bybel spoor ons aan om ‘gereed te wees om ons [oortuigings] te verdedig’ en om dit “met sagmoedigheid en diep respek” te doen (1 Pet. 3:15). In werklikheid vind ons dit dalk moeilik om diep Bybelwaarhede te verduidelik, soos hoe ons weet dat die Koninkryk in 1914 begin heers het. Om ons te help, is ’n reeks met twee artikels met die titel “’n Gesprek met ’n buurman—Wanneer het God se Koninkryk begin heers?” voorberei. Hierdie artikels verskyn in die nommers van Die Wagtoring wat ons gedurende Oktober en November in velddiens gaan aanbied. Terwyl jy hierdie artikels lees, kan jy dink aan die volgende vrae oor die benadering wat Chris, die verkondiger in die scenario, gebruik het.

Hoe het hy . . . 

  • gemeenskaplike grond probeer vind deur die persoon te prys?—Hand. 17:22.

  • nederigheid getoon toe hy sy oortuigings verduidelik het?—Hand. 14:15.

Waarom was dit goed dat hy . . . 

  • die bespreking elke nou en dan opgesom het voordat hy verdere punte bespreek het?

  • die huisbewoner van tyd tot tyd gevra het of hy verstaan het wat hy tot dusver aan hom verduidelik het?

  • nie te veel inligting in een bespreking probeer dek het nie?—Joh. 16:12.

Hoe dankbaar kan ons wees teenoor Jehovah, ons “Grootse Onderrigter”, dat hy ons geleer het hoe om diep Bybelwaarhede te verduidelik aan diegene wat daarna honger!—Jes. 30:20.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel