Verbeter jou vaardighede in die bediening—Toon persoonlike belangstelling
Waarom dit belangrik is: Jesus het mense as individue beskou, en hy het liefdevol persoonlike belangstelling in hulle getoon. Byvoorbeeld, by een geleentheid het Jesus moontlik agtergekom dat ’n dowe man ietwat senuweeagtig is. Voordat hy hom genees het, het hy hom dus eenkant toe geneem, waar die skare hulle nie kon sien nie (Mark. 7:31-35). Hy het bedagsaamheid teenoor sy dissipels getoon deur hulle beperkings in ag te neem en hulle nie met te veel inligting te oorweldig nie (Joh. 16:12). Selfs in sy hemelse posisie toon Jesus persoonlike belangstelling in mense (2 Tim. 4:17). As volgelinge van Christus wil ons hom navolg (1 Pet. 2:21; 1 Joh. 3:16, 18). Wat meer is, ons sal doeltreffender wees in ons bediening as ons bedagsaamheid teenoor die huisbewoner toon en sy unieke omstandighede, sy belangstellings en sy bekommernisse in ag neem. Hy sal meer geneig wees om na ons te luister as hy kan aanvoel dat ons nie net ’n boodskap probeer oordra of lektuur by hom wil laat nie, maar eerder in hom as persoon belangstel.
Wenk vir die maand:
Hou oefensessies gedurende julle gesinsaanbidding, of miskien gedurende velddiens, waarin die verkondiger sy aanbieding moet aanpas as gevolg van iets wat die huisbewoner sê.
Broers wat die velddiensvergaderinge behartig, kan soms maniere bespreek of demonstreer waarop ons persoonlike belangstelling kan toon.