Gebruik jw.org in jou bediening—“Word Jehovah se vriend”
As jy op jw.org/af onder “Bybelleringe” kyk, is daar ’n reeks vir kinders wat “Word Jehovah se vriend” genoem word en wat liedjies, video’s en aktiwiteite insluit. Het jy hierdie reeks al in jou bediening gebruik? As jy die Bybel studeer met ’n ouer wat jong kinders het, kan jy dit gerus vir hom wys. Dit sal hom dalk beweeg om die res van die webwerf te verken.
Toe ’n broer Koninkryksnuus Nr. 38 versprei het, het hy ’n vrou ontmoet wat die traktaat onmiddellik begin lees het toe hy dit vir haar gegee het. Sy het ’n paar jong kinders gehad wat nuuskierig was oor die traktaat. Die broer het kortliks die inhoud van die traktaat bespreek en haar ons webadres op die agterkant gewys. Aangesien die vrou belangstelling getoon het, het hy van die geleentheid gebruik gemaak om een van die Caleb-video’s vir haar en haar kinders op sy draagbare toestel te speel.
’n Suster het ’n werksmaat, wat jong kinders het, vertel van ons webwerf en die inligting wat dit vir gesinne bevat. Die vrou het jw.org saam met haar kinders besoek. Later het sy vir die suster gesê dat haar kinders “Preek die Woord”, een van die liedjies onder “Word Jehovah se vriend”, in die huis loop en sing.
Raak gerus vertroud met hierdie reeks op jw.org en laai een van die video’s, liedjies of aktiwiteite op jou draagbare toestel af. Dan sal jy gereed wees om hierdie reeks op jw.org in die bediening te gebruik. Wat ’n waardevolle hulpmiddel is dit tog, wat ons help om die Here as slaaf te dien!—Hand. 20:19.