SKATTE UIT GOD SE WOORD | JESAJA 17-23
Die misbruik van mag lei tot ’n verlies van gesag
Sebna was ‘die bestuurder oor die huis’, waarskynlik die huis van koning Hiskia. Hy was slegs ondergeskik aan die koning en daar was baie van hom verwag.
Sebna was veronderstel om na Jehovah se volk om te sien
Hy was selfsugtig en het heerlikheid vir homself nagejaag
Jehovah het Sebna met Eljakim vervang
Eljakim het “die sleutel van die huis van Dawid” ontvang, wat mag en gesag gesimboliseer het
Dink hieraan: Hoe kon Sebna sy gesag gebruik het om ander te help?