Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb17 Oktober bl. 3
  • Hoe om ’n ywerige student van die Bybel te word

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om ’n ywerige student van die Bybel te word
  • Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2017
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah verseker Daniël van ’n wonderlike beloning
    Gee ag op Daniël se profesie!
  • Gee God werklik vir jou om?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Die boek Daniël en jy
    Gee ag op Daniël se profesie!
  • Identifiseer die ware aanbidders in die tyd van die einde
    Gee ag op Daniël se profesie!
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2017
mwb17 Oktober bl. 3

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Hoe om ’n ywerige student van die Bybel te word

Wil jy getrou bly tydens beproewinge, net soos Daniël? Daniël het God se Woord, en die diep profesieë daarin, ywerig bestudeer (Da 9:2). Ywerige Bybelstudie kan jou help om getrou te bly. Hoe? Dit kan jou geloof versterk dat Jehovah se beloftes waar sal word (Jos 23:14). Dit kan jou ook help om jou liefde vir God te versterk, wat jou dan sal motiveer om te doen wat reg is (Ps 97:10). Maar waar begin jy? Hier is ’n paar voorstelle:

Daniël studeer God se Woord
  • Wat moet ek studeer? ’n Goeie studierooster sluit voorbereiding vir gemeentelike vergaderinge in. Die weeklikse Bybelleesgedeelte sal vir jou van groter waarde wees as jy navorsing doen oor punte wat jy nie so goed verstaan nie. Party het ook besluit om meer te leer oor Bybelprofesieë, oor die verskillende aspekte van die vrug van God se gees, oor die apostel Paulus se sendingreise of selfs oor Jehovah se skeppingswerke. As daar deur die dag ’n Bybelvraag by jou opkom, kan jy dit gerus neerskryf en by jou volgende studiesessie daaroor navorsing doen.

  • Waar kan ek inligting soek? Kyk na die video Navorsingshulpe om geestelike skatte te ontdek vir ’n paar opsies. Pas die inligting dan toe deur navorsing te doen oor die wêreldmagte wat deur die diere in Daniël hoofstuk 7 voorgestel word.

  • Hoeveel tyd moet jy vir studie opsysit? Gereelde studie is belangrik om geestelik gesond te bly. Jy kan met kort studiesessies begin en dit dalk later verleng as dit nodig is. Om God se Woord te studeer is soos om na verborge skatte te soek; hoe meer skatte jy vind, hoe dieper wil jy grawe! (Spr 2:3-6). Jou verlange na God se Woord sal toeneem, en gereelde Bybelstudie sal altyd deel van jou roetine bly.—1Pe 2:2.

    Vir voorstelle oor hoe om studie te geniet, sien die Ontwaak! van Februarie 2012, bl. 18-20.

WAT STEL DIE DIERE IN DANIËL HOOFSTUK 7 VOOR?

  • ’n Dier soos ’n leeu met vlerke van ’n arend

    Da 7:4

  • ’n Dier soos ’n beer met drie ribbes in sy mond

    Da 7:5

  • ’n Dier soos ’n luiperd met vier koppe en vier vlerke op sy rug

    Da 7:6

  • ’n Vreeslike dier met groot ystertande en tien horings

    Da 7:7

BYKOMENDE VRAAG:

Hoe is Daniël 7:8, 24 vervul?

’n Horinkie met oë en ’n mond kom tussen die tien horings op en ontwortel drie horings

VOLGENDE PROJEK:

Wat stel die diere in Openbaring hoofstuk 13 voor?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel