Van hierdie maand af sal daar nie meer drie voorgestelde aanbiedings wees nie. In plaas daarvan sal die Lewe en Bediening-vergaderingwerkboek voorgestelde gesprekke hê wat bestaan uit ’n inleidende vraag, ’n teks en ’n vraag wat die grondslag lê vir ’n herbesoek. Net een video van ’n voorgestelde gesprek sal elke week gespeel word. Elke verkondiger kan besluit watter publikasie hy uit ons gereedskapkissie vir velddiens wil gebruik en wanneer — of dit nou by die eerste besoek of die herbesoek is. Die werkboek sal ook idees gee vir twee opvolggesprekke. Dit sal ons help om te fokus op ons doelwit om almal te leer “wat die regte gesindheid vir die ewige lewe . . . het”. — Han 13:48.
Studentetoewysings: Studente moet die voorgestelde gesprekke gebruik, tensy anders aangedui.