DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Ons maak dissipels deur te preek en te onderrig
Jesus het sy volgelinge die opdrag gegee om dissipels te gaan maak (Mt 28:19). Dit beteken dat ons moet preek en moet onderrig. Ons almal moet onsself af en toe vra: ‘Hoe kan ek verbeter wanneer dit kom by hierdie belangrike aspekte van die dissipelmaakwerk?’
PREEK
Ons moenie wag dat mense na ons toe kom nie. Ons moet eerder gaan soek na dié wat “verdienstelik” is (Mt 10:11). Is ons op die uitkyk vir geleenthede om met die mense wat ons raakloop te praat wanneer ons in die bediening is? (Han 17:17). Lidia het ’n dissipel geword omdat die apostel Paulus so ywerig gepreek het. — Han 16:13-15.
“Saai jou saad in die oggend en laat jou hand tot die aand nie rus nie” (Pr 11:6)
KYK NA DIE VIDEO PREEK “SONDER OPHOU” — INFORMEEL EN VAN HUIS TOT HUIS, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
Hoe het Samuel deur sy daaglikse roetine gewys dat dit sy doel was om saadjies van waarheid te plant?
Hoekom moet ons altyd aanhou om aan alle vorms van ons predikingswerk deel te neem?
Vir wie kan jy van die Koninkryksboodskap vertel gedurende jou daaglikse roetine?
ONDERRIG
Ons kan nie verwag dat mense dissipels sal word as ons net vir hulle lektuur gee nie. Ons moet herbesoeke by hulle doen en Bybelstudies met hulle hou om hulle te help om geestelike vordering te maak (1Ko 3:6-9). Maar sê nou ons ywerige pogings om iemand Koninkrykswaarhede te leer dra nie vrug nie? (Mt 13:19-22). Ons moet aanhou soek na diegene wie se hart soos “goeie grond” is. — Mt 13:23; Han 13:48.
“Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar God het dit deurentyd laat groei” (1Ko 3:6)
KYK NA DIE VIDEO PREEK “SONDER OPHOU” — IN DIE OPENBAAR EN IN DIE DISSIPELMAAKWERK, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
Hoe het Solomon en Mary die saadjies van waarheid in die harte van Ezekiel en Abigail natgegooi?
Wat moet ons doel in alle aspekte van die bediening wees? Dit sluit die openbare getuieniswerk in.
Hoe kan ons groter klem daarop lê om die waarheid aan ander te leer?