Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb19 Junie bl. 8
  • Kry meer uit jou persoonlike studie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kry meer uit jou persoonlike studie
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
  • Soortgelyke materiaal
  • Behou sterk geloof deur persoonlike Studie
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Skep behae in Jehovah se Woord
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Studie is lonend
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Studie—lonend en genotvol
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
mwb19 Junie bl. 8

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Kry meer uit jou persoonlike studie

HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Persoonlike studie van God se Woord help ons om “verstandelik te begryp wat die breedte en lengte en hoogte en diepte” van die waarheid is (Ef 3:18). Dit help ons ook om onberispelik en onbesmet in ’n goddelose wêreld te bly en om “’n stewige greep op die woord van die lewe” te behou (Flp 2:15, 16). Persoonlike studie van God se Woord help ons om inligting te kies wat ons self nodig het. Hoe kan ons die grootste voordeel kry uit die tyd wat ons vir Bybellees en Bybelstudie gebruik?

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Merk verse en maak notas in jou eie Bybel, of dit nou in gedrukte of elektroniese formaat is

  • Terwyl jy God se Woord lees, moet jy vrae vra soos: ‘Wie? Wat? Wanneer? Waar? Hoekom? Hoe?’

  • Kry die feite. Doen navorsing oor ’n onderwerp of Bybelvers deur die hulpmiddele te gebruik wat ons daarvoor het

  • Dink na oor wat jy lees om te sien hoe die inligting op jou van toepassing is

  • Pas dit wat jy leer in jou eie lewe toe. – Lu 6:47, 48

KYK NA DIE VIDEO BEHOU “’N STEWIGE GREEP” – DEUR DOELTREFFENDE PERSOONLIKE STUDIE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het party verduidelik wat persoonlike studie is?

  • Hoekom moet ons altyd eers bid voordat ons persoonlike studie doen?

  • Wat kan ons help om ’n gedeelte in die Bybel beter te verstaan?

  • Hoe kan ons gedeeltes in ons eie Bybel merk?

  • Hoekom is dit so belangrik om daaroor na te dink wanneer ons God se Woord studeer?

  • Wat moet ons doen met dit wat ons leer?

’n Suster doen diep persoonlike Bybelstudie; ’n broer merk sy Bybel met verskillende kleure; ’n suster wys haar notas in die Bybel vir twee mans; ’n broer bid

“Hoe lief het ek u wet tog! Die hele dag oordink ek dit.” – Ps 119:97

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel