DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Jongmense – Wees “ywerig vir goeie werke”
In sy geïnspireerde brief aan Titus het die apostel Paulus geskryf dat jonger manne, insluitende Titus, hulle bes moet doen om “in alles ’n voorbeeld van goeie werke” te wees (Tit 2:6, 7). Later in dieselfde hoofstuk het hy gesê dat Jehovah se volk gereinig is sodat hulle “ywerig vir goeie werke” kan wees (Tit 2:14). Een van daardie goeie werke is om te preek en mense van God se Koninkryk te leer. As jy ’n jongmens is, kan jy jou krag gebruik om as ’n hulppionier of gewone pionier te dien? – Spr 20:29.
As jy graag wil pionier, moet jy ’n realistiese plan uitwerk sodat jy ’n pionier kan word (Lu 14:28-30). Byvoorbeeld, hoe sal jy jouself finansieel onderhou terwyl jy in die voltydse diens is? Hoe sal jy al jou ure inkry? Bid tot Jehovah en vra hom om jou te help (Ps 37:5). Bespreek jou planne met jou ouers en met dié wat ’n sukses van hulle pionierdiens gemaak het. Doen dan stappe om jou doelwit te bereik. Jehovah sal beslis jou ywerige pogings in sy diens seën!
KYK NA DIE VIDEO JONGMENSE WAT JEHOVAH EER, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
Watter uitdagings het party oorkom sodat hulle as pioniers kan dien, en hoe het hulle dit gedoen?
Hoe kan ouers hulle kinders help om gewone pioniers te word?
Hoekom is dit belangrik om ’n velddiensrooster te hê?
Hoe kan broers en susters in die gemeente ’n pionier aanmoedig en help?
Watter seëninge ontvang dié wat as pioniers dien?
Hoe kan ek die doelwit bereik om as ’n pionier te dien?