SKATTE UIT GOD SE WOORD | GENESIS 15-17
Jehovah het vir Abram en Sarai ander name gegee – Hoekom?
Jehovah het Abram beskou as iemand wat ’n rein lewe lei. Toe hy vir Abram meer inligting oor Sy belofte aan hom gegee het, het hy vir Abram en Sarai name met profetiese betekenis gegee.
Net soos hulle name gewys het, het Abraham die vader van baie nasies en Sara ’n voorouer van konings geword.
Abraham
Vader van ’n menigte
Sara
Prinses
Ons kan nie ons eie naam kies wanneer ons gebore word nie. Maar soos Abraham en Sara kan ons vir onsself ’n goeie naam maak. Vra jou af:
‘Hoe kan ek deur Jehovah beskou word as iemand wat ’n rein lewe lei?’
‘Watter soort naam maak ek by Jehovah?’