Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb20 Augustus bl. 3
  • Staan vas terwyl die einde al hoe nader kom

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Staan vas terwyl die einde al hoe nader kom
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
  • Soortgelyke materiaal
  • Kweek eienskappe aan wat God bly maak—Moed
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2017
  • Dit is nie te moeilik om moedig te wees nie
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
  • “Wees moedig . . . en tree op”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Maak my moedig
    ‘Sing met vreugde’ vir Jehovah
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2020
mwb20 Augustus bl. 3

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Staan vas terwyl die einde al hoe nader kom

HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Binnekort gaan ontsagwekkende dinge gebeur wat ons moed en vertroue in Jehovah sal toets soos nog nooit tevore nie. Die groot verdrukking sal begin met die vernietiging van valse godsdiens (Mt 24:21; Op 17:16, 17). Gedurende daardie deurmekaar tyd gaan ons heel moontlik ’n kragtige oordeelsboodskap verkondig (Op 16:21). Ons sal deur Gog van Magog aangeval word (Ese 38:10-12, 14-16). Om sy volk te verdedig, gaan Jehovah “die oorlog van die groot dag van God die Almagtige” begin (Op 16:14, 16). Om ons moed te versterk vir hierdie dinge wat in die toekoms gaan gebeur, moet ons nou al vasstaan wanneer ons geloof getoets word.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Bly moedig by Jehovah se hoë sedelike standaarde. – Jes 5:20

  • Hou aan om saam met broers en susters te aanbid. – Heb 10:24, 25

  • Wees gou om die riglyne van Jehovah se organisasie te gehoorsaam. – Heb 13:17

  • Dink na oor hoe Jehovah sy volk in die verlede gered het. – 2Pe 2:9

  • Bid tot Jehovah en vertrou op hom. – Ps 112:7, 8

KYK NA DIE DRAMATISERING DINGE WAT IN DIE TOEKOMS GAAN GEBEUR WAARVOOR ONS MOED NODIG GAAN HÊ – UITTREKSEL, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • ’n Toneel uit die video ‘Dinge wat in die toekoms gaan gebeur waarvoor ons moed nodig gaan hê.’ ’n Bekommerde suster staar voor haar uit nadat sy die gemeentelike toewysings gelees het vir gemeentes wat gaan saamsmelt.

    Hoe is verkondigers se gehoorsaamheid getoets toe hulle gemeente met ander gemeentes saamgesmelt het?

  • ’n Toneel uit die video ‘Dinge wat in die toekoms gaan gebeur waarvoor ons moed nodig gaan hê.’ Dieselfde suster bespreek die nuwe gemeentelike toewysings met twee ander susters.

    Hoe kan ons ons moed opbou deur gehoorsaam te wees?

  • ’n Toneel uit die video ‘Dinge wat in die toekoms gaan gebeur waarvoor ons moed nodig gaan hê.’ ’n Jong seun is bekommerd nadat hy oor ’n uitbeelding van Armageddon gedink het in die boek ‘God se Koninkryk regeer!’

    Hoekom sal ons moedig moet wees wanneer Armageddon kom?

  • ’n Toneel uit die video ‘Dinge wat in die toekoms gaan gebeur waarvoor ons moed nodig gaan hê.’ Jehosafat en ander van Juda kom by ’n slagveld aan en sien dat daar nie ’n enkele soldaat van die vyande oorleef het nie.

    Berei nou voor vir dinge wat in die toekoms gaan gebeur waarvoor jy moed nodig sal hê

    Watter Bybelverslag kan ons help om ons geloof te versterk dat Jehovah die krag het om ons te red? – 2Kr 20:1-24

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel