Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb21 Januarie bl. 11
  • Maak die keuse om Jehovah te dien

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maak die keuse om Jehovah te dien
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
  • Soortgelyke materiaal
  • Doop – ’n Wonderlike doelwit!
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Doop — ’n Vereiste vir Christene
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Voldoen aan die vereistes vir Christelike doop
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Doop en jou verhouding met God
    Wat leer die Bybel werklik?
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2021
mwb21 Januarie bl. 11
’n Kronkelpaadjie wat die pad van diens aan Jehovah voorstel. Tekens langs die pad stel die stappe voor van Bybelstudie, vergaderingbywoning, die predikingswerk en doop.

Hoe vorder jy op die pad na toewyding en doop?

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Maak die keuse om Jehovah te dien

As jy ’n jong Christen of ’n Bybelstudent is, is dit jou doel om gedoop te word? Hoekom moet dit jou doel wees? Toewyding en doop is die begin van ’n spesiale verhouding met Jehovah (Ps 91:1). Toewyding en doop kan ons ook red (1Pe 3:21). Hoe kan jy hierdie doel bereik?

Jy moet sélf seker maak dat hierdie die waarheid is. Wanneer daar vrae by jou opkom, moet jy navorsing doen om die antwoorde te kry (Ro 12:2). Identifiseer die veranderinge wat jy moet maak. En as jy dan daardie veranderinge maak, moet jy seker wees dat jy dit doen omdat jy Jehovah se hart bly wil maak (Spr 27:11; Ef 4:23, 24). Vra hom altyd in gebed om jou te help. Wees daarvan seker dat Jehovah jou deur middel van sy kragtige heilige gees sal versterk en ondersteun (1Pe 5:10, 11). Die werk wat jy insit, sal beslis die moeite werd wees. Om Jehovah te dien is die beste lewe wat daar is! – Ps 16:11.

KYK NA DIE VIDEO DIE PAD NA TOEWYDING EN DOOP, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Watter struikelblokke het party oorkom sodat hulle gedoop kon word?

  • Hoe kan jy die geloof opbou wat nodig is om jou aan Jehovah toe te wy?

  • Wat het party aangespoor om te doen wat nodig is sodat hulle gedoop kon word?

  • Hoe seën Jehovah dié wat die keuse maak om hom te dien?

  • Wat beteken dit om jou aan Jehovah toe te wy en gedoop te word?

Aan die einde van die dooptoespraak sal die spreker die doopkandidate vra om te staan en die volgende twee vrae hard en duidelik te beantwoord:

Het jy berou oor jou sondes, jou aan Jehovah toegewy en Jesus Christus as Sy middel tot redding aanvaar?

Verstaan jy dat jou doop jou as een van Jehovah se Getuies identifiseer en dat dit jou deel maak van Jehovah se organisasie?

Wanneer die doopkandidate “ja” antwoord op hierdie vrae, maak hulle in die “openbaar bekend” dat hulle geloof in die losprys het en dat hulle hulle sonder enige voorwaardes aan Jehovah toegewy het. – Ro 10:9, 10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel