SKATTE UIT GOD SE WOORD
Saul was aan die begin nederig en beskeie
Saul was bewus van sy beperkings, en hy was bang om koning te word (1Sa 9:21; 10:20-22; w20.08 10 ¶11)
Saul het nie oorhaastig gereageer toe ander negatiewe dinge oor hom gesê het nie (1Sa 10:27; 11:12, 13; w14 3/15 9 ¶8)
Saul het die leiding van Jehovah se heilige gees aanvaar (1Sa 11:5-7; w95 12/15 10 ¶1)
Nederigheid sal ons help om ons voorregte en vermoëns te sien as geskenke wat van Jehovah af kom (Ro 12:3, 16; 1Kor 4:7). En as ons nederig is, sal ons aanhou om op Jehovah te vertrou vir leiding.