Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb22 Maart bl. 9
  • Wie is jou aanlyn vriende?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie is jou aanlyn vriende?
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat van Internetvriendskappe?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
  • Sosiale netwerke — Vermy die vangplekke
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
  • Wat moet ek omtrent sosiale netwerke weet?—Deel 2
    Ontwaak!—2011
  • Kinders en die Internet—Wat ouers moet weet
    Ontwaak!—2008
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
mwb22 Maart bl. 9

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Wie is jou aanlyn vriende?

’n Vriend word beskryf as “iemand wat geheg is aan iemand anders deur liefde en respek”. Byvoorbeeld, Jonatan en Dawid het ’n baie sterk vriendskap opgebou nadat Dawid vir Goliat doodgemaak het (1Sa 18:1). Elkeen het eienskappe gehad wat veroorsaak het dat hulle mekaar se vriende wou wees. So sterk vriendskappe is gebaseer op akkurate kennis. Om ’n ander persoon te leer ken, vat gewoonlik tyd en moeite. Maar op sosiale netwerke kan mense met net die kliek van ’n muis “vriende” word. Omdat mense aanlyn presies kan beplan wat om te sê en tot ’n mate kan beheer hoe ander hulle sien, is dit vir hulle maklik om weg te steek wie hulle regtig is. So dit is goed om mooi te dink oor watter soort mense jy as jou vriende sal aanvaar. As iemand wat jy nie regtig ken nie jou vriend op sosiale media wil wees, moet jy nie bang wees om sy versoek te ignoreer of om dit nie te aanvaar nie omdat jy dink dat jy sy gevoelens sal seermaak nie. As gevolg van moontlike gevare het party besluit om glad nie sosiale netwerke te gebruik nie. Maar as jy besluit om ’n sosiale netwerk te gebruik, wat moet jy in gedagte hou?

KYK NA DIE VIDEO WERK SLIM MET SOSIALE NETWERKE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • ’n Toneel uit die video “Werk slim met sosiale netwerke”. ’n Meisie is geskok terwyl sy na foto’s van haarself kyk wat op die televisieskerms gewys word.

    Waaraan moet jy dink voordat jy kommentare en foto’s plaas?

  • ’n Toneel uit die video ‘Werk slim met sosiale netwerke’. Twee onbeskofte mans wys vir ’n seun iets wat op sosiale media geplaas is terwyl die seun sy oë bedek.

    Hoekom moet jy jou aanlyn vriende versigtig kies?

  • ’n Toneel uit die video “Werk slim met sosiale netwerke”. ’n Seun slaap met sy kop op sy rekenaar nadat hy dit heel nag gebruik het.

    Hoekom moet jy beplan presies hoeveel tyd jy op ’n sosiale netwerk gaan spandeer? – Ef 5:15, 16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel