Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb22 September bl. 5
  • Die huwelik – ’n Lewenslange verhouding

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die huwelik – ’n Lewenslange verhouding
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat sê die Bybel oor die ongetroude lewe en die getroude lewe?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Die huwelik—’n gawe van ’n liefdevolle God
    ‘Hou julle in God se liefde’
  • Berei vir ’n suksesvolle huwelik voor
    Die geheim van gesinsgeluk
  • Die huwelik – ’n Gawe van God
    Hoe om in God se liefde te bly
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
mwb22 September bl. 5
’n Paartjie doen saam velddiens.

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Die huwelik – ’n Lewenslange verhouding

Christenhuwelike wat suksesvol is, eer Jehovah en maak ’n man en vrou baie gelukkig (Mr 10:9). Om ’n lang, gelukkige huwelik te hê, moet Christene Bybelbeginsels volg wanneer hulle ’n huweliksmaat kies.

Wag totdat jy “verby die bloei van die jeug” is voordat jy met iemand uitgaan (1Kor 7:36). Dit is ’n tyd wanneer sterk seksuele begeertes dit vir jou moeilik kan maak om goeie besluite te neem. Maak goed gebruik van jou ongetroude lewe om jou verhouding met God te versterk en Christelike eienskappe te ontwikkel. Dan sal jy in ’n beter posisie wees om ’n suksesvolle huwelik te hê.

Voordat jy met iemand trou, neem soveel tyd as wat nodig is om “die geheime persoon van die hart” te leer ken (1Pe 3:4, vtn). As jy ernstige twyfelgedagtes het, bespreek dit met jou potensiële huweliksmaat. Net soos met enige ander verhouding, moet jy in die huwelik meer fokus op wat jy kan gee as wat jy daaruit kan kry (Flp 2:3, 4). As jy Bybelbeginsels toepas voordat jy trou, sal dit vir jou makliker wees om dit te doen nadat jy getroud is sodat jy ’n gelukkige huwelik kan hê.

KYK NA DIE VIDEO BEREI VOOR VIR DIE HUWELIK – DEEL 3: ‘BEREKEN DIE KOSTE’, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe was die suster se verhouding met Shane aan die begin?

  • Wat het sy agtergekom toe sy hom beter leer ken het?

  • Hoe het haar ouers haar gehelp, en watter wyse besluit het sy gemaak?

’n Broer wat met ’n suster uitgaan, kan homself die volgende vrae afvra:

Watter Christelike eienskappe het sy? Hoe wys sy dat sy die Koninkryk eerste stel? Wys sy dat sy respek het vir teokratiese riglyne? Wys sy dat sy vir ander mense omgee?

’n Suster wat met ’n broer uitgaan, kan haarself die volgende vrae afvra:

Watter Christelike eienskappe het hy? Is sy diens aan God en sy verantwoordelikhede in die gemeente vir hom belangriker as sy werk, geld, sport en vermaak? Hoe behandel hy sy familie? Wys hy dat hy vir ander mense omgee?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel