Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w20 Mei bl. 8-11
  • Konings wat met mekaar kompeteer in die tyd van die einde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Konings wat met mekaar kompeteer in die tyd van die einde
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Soortgelyke materiaal
  • “Die koning van die noorde” in die tyd van die einde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Jehovah openbaar “wat binnekort moet plaasvind”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Wie is vandag “die koning van die noorde”?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Deel 8—Die lang opmars van die wêreldmoondhede nader sy einde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
w20 Mei bl. 8-11

Konings wat met mekaar kompeteer in die tyd van die einde

Konings wat met mekaar kompeteer in die tyd van die einde Party van die profesieë wat in hierdie tabel genoem word, beskryf dinge wat op dieselfde tyd gebeur. Al hierdie profesieë bewys dat ons in “die tyd van die einde” lewe. – Dan. 12:4.

’n Tabel met profesieë wat die koning van die noorde en die koning van die suide van 1870 tot in ons dag identifiseer.
  • Tabel 1 van 4 wys profesieë in die tyd van die einde wat vervul is in die tydperk van omtrent 1870 tot 1918. Die tydperk vanaf 1914 staan bekend as die tyd van die einde. Profesie 1: ’n Wilde dier met sewe koppe wat alreeds bestaan het voor die eerste datum op die tabel. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog word die dier se sewende kop gewond. Vanaf 1917 word die sewende kop gesond, en die wilde dier herstel. Profesie 2: Vanaf 1871 kan ons die koning van die noorde identifiseer, en vanaf 1870 kan ons die koning van die suide identifiseer. Die koning van die noorde verskyn weer in 1871 as Duitsland. Die koning van die suide word eers as Groot Brittanje geïdentifiseer, maar in 1917 word hy vervang deur die Anglo-Amerikaanse Wêreldmag. Profesie 3: Vanaf die 1870’s word Charles T. Russell en ander saam met hom as die ‘boodskapper’ geïdentifiseer. In die vroeë 1880’s moedig ‘Zion’s Watch Tower’ sy lesers aan om die goeie nuus te verkondig. Profesie 4: Vanaf 1914 is dit die oestyd. Die onkruid word van die koring geskei. Profesie 5: Vanaf 1917 weet ons wie die voete van yster en klei is. Ook op die tabel: Wêreldgebeure van 1914 tot 1918, Eerste Wêreldoorlog. Gebeure wat Jehovah se volk raak: Van 1914 tot 1918, Bybelstudente in Brittanje en Duitsland word in die tronk gegooi. In 1918 word broers van die hoofkwartier, in die Verenigde State, in die tronk gegooi.
    Profesie 1.

    Teks(te) Op. 11:7; 12:13, 17; 13:1-8, 12

    Profesie “Die wilde dier” heers al vir meer as 3 000 jaar oor mense op die aarde. In die tyd van die einde word sy sewende kop gewond. Later word sy kop gesond en “die hele aarde” volg die dier. Satan gebruik hierdie dier om “oorlog te voer teen die oorblywendes”.

    Vervulling Ná die Vloed het regerings wat vyande van Jehovah is, oor mense begin regeer. Meer as 3 000 jaar later het een van hierdie magtige regerings, Brittanje, baie van sy mag gedurende die Eerste Wêreldoorlog verloor. Brittanje het weer sterk geword toe die Verenigde State saam met hulle begin werk het. Gedurende die tyd van die einde gebruik Satan alle regerings op die aarde om God se volk te vervolg.

  • Profesie 2.

    Teks(te) Dan. 11:25-45

    Profesie Die koning van die noorde en die koning van die suide kompeteer met mekaar in die tyd van die einde.

    Vervulling Duitsland veg teen Brittanje en die Verenigde State. In 1945 het die Sowjetunie en die lande wat hom ondersteun, die koning van die noorde geword. In 1991 het die Sowjetunie geval, en later het Rusland en die lande wat hom ondersteun, die koning van die noorde geword.

  • Profesie 3.

    Teks(te) Jes. 61:1; Mal. 3:1; Luk. 4:18

    Profesie Jehovah stuur sy “boodskapper” om ‘’n weg voor te berei’ voordat die Messiaanse Koninkryk opgerig word. Die “boodskapper” begin om “goeie nuus aan die nederiges te verkondig”.

    Vervulling Vanaf 1870 het C. T. Russell en sy vriende die Bybel ywerig gestudeer om uit te vind wat dit regtig leer. In 1881 het hulle besef dat dit baie belangrik is vir God se knegte om te preek. Hulle druk artikels soos “Benodig 1 000 predikers” en “Gesalf om te preek”.

  • Profesie 4.

    Teks(te) Matt. 13:24-30, 36-43

    Profesie ’n Man saai koring in ’n veld. Dan kom ’n vyand en saai onkruid in daardie veld. Die onkruid groei saam met die koring, en dit veroorsaak dat die koring nie uitgeken kan word nie. Gedurende die oestyd word die onkruid van die koring geskei.

    Vervulling Vanaf 1870 het die verskil tussen ware en valse Christene al hoe duideliker geword. In die tyd van die einde word ware Christene bymekaargemaak en van valse Christene geskei.

  • Profesie 5.

    Teks(te) Dan. 2:31-33, 41-43

    Profesie Die voete van yster en klei behoort aan ’n beeld wat van verskillende metale gemaak is.

    Vervulling Die klei verteenwoordig gewone mense waaroor Brittanje en die Verenigde State regeer en wat teen hierdie regerings rebelleer. As gevolg van hierdie mense kan hierdie regerings nie hulle volle mag gebruik nie.

  • Tabel 2 van 4 wys profesieë in die tyd van die einde wat vervul is in die tydperk van omtrent 1919 tot 1945. Duitsland is die koning van die noorde tot 1945. Brittanje en die Verenigde State is die koning van die suide. Profesie 6: In 1919 word gesalfde Christene in die gemeente wat gereinig is, bymekaargemaak. Vanaf 1919 preek ons al hoe meer. Profesie 7: In 1920 word die Volkebond gestig en is bedrywig tot die begin van die Tweede Wêreldoorlog. Ook op die tabel: Profesie 1, die wilde dier met sewe koppe gaan voort om te bestaan. Profesie 5, die voete van yster en klei gaan voort. Wêreldgebeure van 1939 tot 1945, Tweede Wêreldoorlog. Gebeure wat Jehovah se volk raak: In Duitsland van 1933 tot 1945, meer as 11 000 Getuies word in die tronk gegooi. In Brittanje van 1939 tot 1945, amper 1 600 Getuies word in die tronk gegooi. In die Verenigde State van 1940 tot 1944, Getuies word meer as 2 500 keer deur groepe mense aangeval.
    Profesie 6.

    Teks(te) Matt. 13:30; 24:14, 45; 28:19, 20

    Profesie “Die koring” word in die “voorraadskuur” bymekaargemaak en “die getroue en verstandige slaaf” word oor die “huisknegte” aangestel. Die “goeie nuus van die Koninkryk” word “oor die hele bewoonde aarde” verkondig.

    Vervulling In 1919 is die getroue slaaf oor God se volk aangestel. Van daardie tyd af preek die Bybelstudente al hoe meer. Vandag preek Jehovah se Getuies in meer as 200 lande en maak hulle Bybellektuur beskikbaar in meer as ’n 1 000 tale.

  • Profesie 7.

    Teks(te) Dan. 12:11; Op. 13:11, 14, 15

    Profesie ’n Wilde dier met twee horings sê vir die mense op die aarde “om ’n beeld te maak van die wilde dier” en dit gee “asem aan die beeld”.

    Vervulling Brittanje en die Verenigde State het die Volkebond begin. Hierdie organisasie word deur ander nasies ondersteun. Van 1926 tot 1933 was die koning van die noorde ook deel van die Volkebond. Net soos met die Verenigde Nasies (VN) ná dit, gee die mense aan die Volkebond die eer wat net aan God se Koninkryk behoort.

  • Tabel 3 van 4 wys profesieë in die tyd van die einde wat vervul is in die tydperk van 1945 tot 1991. Die Sowjetunie en die lande wat hom ondersteun, is die koning van die noorde tot 1991, en daarna is Rusland en die lande wat hom ondersteun die koning van die noorde. Brittanje en die Verenigde State is die koning van die suide. Profesie 8: ’n Wolk van ’n atoombom wat die groot verwoesting van Brittanje en die Verenigde State uitbeeld. Profesie 9: In 1945 word die Verenigde Nasies gestig en dit vervang die Volkebond. Ook op die tabel: Profesie 1, die wilde dier met sewe koppe gaan voort om te bestaan. Profesie 5, die voete van yster en klei gaan voort om te bestaan. Profesie 6, in 1945, meer as 156 000 verkondigers. In 1991, meer as 4 278 000 verkondigers. Gebeure wat Jehovah se volk raak: Van 1945 tot die 1950’s in die Sowjetunie, duisende Getuies word geforseer om na Siberië te trek.
    Profesie 8.

    Teks(te) Dan. 8:23, 24

    Profesie ’n Koning met ’n wrede voorkoms sal “verskriklike verwoesting aanrig”.

    Vervulling Brittanje en die Verenigde State het baie mense doodgemaak en het baie vernietiging veroorsaak. Byvoorbeeld, in die Tweede Wêreldoorlog het die Verenigde State twee atoombomme op ’n nasie gegooi wat vyande van Brittanje en die Verenigde State was. Hierdie wapen het meer vernietiging veroorsaak as enige ander wapen voor dit.

  • Profesie 9.

    Teks(te) Dan. 11:31; Op. 17:3, 7-11

    Profesie Die “helderrooi” dier met tien horings kom uit die afgrond uit en is ’n agtste koning. Die boek Daniël verwys na hierdie koning as “die walglike ding wat verwoesting veroorsaak”.

    Vervulling In die Tweede Wêreldoorlog het die Volkebond onbedrywig geword. Ná die oorlog word die VN ‘opgerig’. Die VN, net soos die Volkebond voor dit, ontvang eer wat net aan God se Koninkryk behoort. Die VN sal godsdiens aanval.

  • Tabel 4 van 4 wys profesieë in die tyd van die einde wat vervul word in ons dag tot aan die einde van Armageddon. Rusland en die lande wat hom ondersteun, is die koning van die noorde. Brittanje en die Verenigde State is die koning van die suide. Profesie 10: Wêreldleiers verkondig ‘vrede en veiligheid’. Daarna begin die groot verdrukking. Profesie 11: Die nasies val valse godsdiensorganisasies aan. Profesie 12: Die wêreld se regerings val God se volk aan. Die res van die gesalfdes word hemel toe geneem. Profesie 13: Armageddon. Die een wat op ’n wit perd sit, voltooi sy oorwinning. Die wilde dier met die sewe koppe word vernietig; die groot beeld word vernietig deur die klip wat die voete van yster en klei tref. Ook op die tabel: Profesie 1, die wilde dier met sewe koppe bly bestaan tot by Armageddon. Profesie 5, die voete van yster en klei bly bestaan tot by Armageddon. Profesie 6, vandag, meer as 8 580 000 verkondigers. Gebeure wat Jehovah se volk raak: In 2017, die Russiese owerheid gooi Getuies in die tronk en vat takkantoorgeboue af.
    Profesie 10 en 11.

    Teks(te) 1 Tess. 5:3; Op. 17:16

    Profesie Die nasies verkondig “vrede en veiligheid” en “die tien horings” en “die wilde dier” val “die prostituut” aan en vernietig haar. Ná dit word die nasies vernietig.

    Vervulling Die nasies sal sê dat hulle vrede en veiligheid op die aarde gebring het. Daarna sal die nasies wat die VN ondersteun, valse godsdiensorganisasies vernietig. Dit is die begin van die groot verdrukking. Hierdie verdrukking sal tot ’n einde kom wanneer Jesus die res van Satan se wêreld by Armageddon vernietig.

  • Profesie 12.

    Teks(te) Eseg. 38:11, 14-17; Matt. 24:31

    Profesie Gog val die land van God se volk binne. Dan maak die engele ‘dié wat uitgekies is,’ bymekaar.

    Vervulling Die koning van die noorde, saam met die res van die wêreld se regerings, val God se volk aan. Die een of ander tyd ná die begin van hierdie aanval, sal die res van die gesalfdes hemel toe geneem word.

  • Profesie 13.

    Teks(te) Eseg. 38:18-23; Dan. 2:34, 35, 44, 45; Op. 6:2; 16:14, 16; 17:14; 19:20

    Profesie ‘Die een wat op ’n wit perd sit,’ voltooi sy oorwinning deur Gog en sy leërmag te vernietig. “Die wilde dier” word “in die poel van vuur gegooi”, en ’n klip vernietig die groot beeld.

    Vervulling Jesus, die heersende koning van God se Koninkryk, red God se volk. Jesus, die 144 000 en die engele sal al die nasies wat God se volk aanval, vernietig. Dit sal die einde van Satan se wêreld wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel