Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w20 September bl. 14-19
  • Gebruik jou tyd wyslik gedurende ’n tyd van vrede

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gebruik jou tyd wyslik gedurende ’n tyd van vrede
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HOE ASA ’N TYD VAN VREDE GEBRUIK HET
  • HOE DIE EERSTE-EEUSE CHRISTENE ’N TYD VAN VREDE GEBRUIK HET
  • HOE ONS VANDAG ’N TYD VAN VREDE GEBRUIK
  • DIE TYD VAN VREDE SAL TOT ’N EINDE KOM
  • “Daar is ’n beloning vir julle werk”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Dien Jehovah met ’n volkome hart!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Hoe Jehovah nader aan ons kom
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Asa was moedig – Is jy?
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
w20 September bl. 14-19

STUDIEARTIKEL 38

Gebruik jou tyd wyslik gedurende ’n tyd van vrede

“Daar [was] vrede in die land . . . en niemand [het] gedurende hierdie tyd teen hom oorlog gevoer . . . nie, want Jehovah het hom rus gegee.” – 2 KRON. 14:6.

LIED 60 Dit kan hul red

IN HIERDIE ARTIKELa

1. Wanneer kan dit dalk moeilik wees om Jehovah te dien?

WANNEER dink jy is dit dalk die moeilikste om Jehovah te dien – wanneer jy baie probleme het of wanneer jy nie baie probleme het nie? Wanneer ons probleme het, is dit maklik om op Jehovah te vertrou. Maar wat doen ons wanneer daar vrede in ons lewe is? Vergeet ons dalk hoe belangrik dit is om Jehovah te dien? Jehovah het die Israeliete gewaarsku dat dit kan gebeur. – Deut. 6:10-12.

Koning Asa beveel dat sy ouma, Maäga, uit haar posisie as koningin-moeder verwyder word. ’n Wag gryp haar by die arm terwyl sy weier om dit te doen. In die agtergrond vernietig Asa se getroue ondersteuners afgodsbeelde.

Koning Asa het moedig teen valse godsdiens opgetree (Sien paragraaf 2)c

2. Watter voorbeeld het koning Asa gestel?

2 Koning Asa is ’n uitstekende voorbeeld van iemand wat wys was deur heeltemal op Jehovah te vertrou. Hy het Jehovah nie net in slegte tye gedien nie, maar ook wanneer daar vrede was. Asa het Jehovah van jongs af “met sy hele hart gedien” (1 Kon. 15:14). Een manier hoe hy dit gedoen het, was deur valse aanbidding uit Juda te verwyder. Die Bybel sê: “Hy het die vreemde altare en die offerhoogtes verwyder, die heilige pilare stukkend gekap en die heilige pale afgekap” (2 Kron. 14:3, 5). Hy het selfs Maäga, sy ouma, uit haar belangrike posisie verwyder. Hoekom? Omdat sy valse aanbidding bevorder het. – 1 Kon. 15:11-13.

3. Wat sal ons in hierdie artikel bespreek?

3 Asa het nie net valse aanbidding verwyder nie, hy het ook die mense van Juda gehelp om Jehovah weer te aanbid. Jehovah het Asa en die Israeliete geseën met ’n tyd van vrede.b Vir ’n tydperk van 10 jaar terwyl Asa regeer het, was “daar vrede in die land” (2 Kron. 14:1, 4, 6). In hierdie artikel sal ons bespreek hoe Asa hierdie tyd van vrede gebruik het. Dan sal ons kyk na die voorbeeld van die eerste-eeuse Christene wat, net soos Asa, wyslik gebruik gemaak het van ’n tyd van vrede. Laastens sal ons die volgende vraag beantwoord: As jy in ’n land bly waar die regering Jehovah se Getuies toelaat om vryelik te aanbid, hoe kan jy wyslik gebruik maak van hierdie tyd van vrede?

HOE ASA ’N TYD VAN VREDE GEBRUIK HET

4. Hoe het Asa volgens 2 Kronieke 14:2, 6, 7 ’n tyd van vrede gebruik?

4 Lees 2 Kronieke 14:2, 6, 7. Asa het vir die volk gesê dat dit Jehovah was wat ‘hulle rus gegee het van al hulle vyande om hulle’. Asa het nie gevoel dat hierdie tyd van vrede ’n tyd was om te ontspan nie. Hy het eerder stede, mure, torings en poorte gebou. Hy het vir die mense van Juda gesê: “Die land behoort nog aan ons.” Wat het hy bedoel? Hy het bedoel dat daar nie vyande in die land was wat hulle kon keer om rond te beweeg en te bou nie. Hy het die mense aangemoedig om gebruik te maak van hierdie tyd van vrede.

5. Hoekom het Asa sy leërmag versterk?

5 Asa het ook die tyd van vrede gebruik om sy leërmag te versterk (2 Kron. 14:8). Beteken dit dat hy nie op Jehovah vertrou het nie? Nee. Asa het eerder geweet dat dit sy plig as koning was om sy volk voor te berei vir enige probleme wat hulle dalk in die toekoms sou hê. Asa het geweet dat die tyd van vrede wat Juda gehad het, heel moontlik nie vir ewig sou hou nie, en dit was waar.

HOE DIE EERSTE-EEUSE CHRISTENE ’N TYD VAN VREDE GEBRUIK HET

6. Hoe het die eerste-eeuse Christene ’n tyd van vrede gebruik?

6 Alhoewel die eerste-eeuse Christene dikwels vervolg was, was daar ook tye wanneer hulle vrede gehad het. Hoe het die dissipels hierdie tye gebruik? Hierdie getroue manne en vroue het die goeie nuus verkondig sonder om op te hou. Handelinge sê dat hulle ‘Jehovah gevrees het’. Hulle het aangehou om die goeie nuus te verkondig, en daarom het hulle “bly vermeerder”. Dit is duidelik dat Jehovah hulle ywerige predikingswerk gedurende tye van vrede geseën het. – Hand. 9:26-31.

7-8. Wat het Paulus en ander gedoen toe hulle die geleentheid gehad het? Verduidelik.

7 Die eerste-eeuse dissipels het elke geleentheid gebruik om die goeie nuus te verkondig. Byvoorbeeld, toe die apostel Paulus besef het dat daar baie mense in Efese was vir wie hy kon preek, het hy gebruik gemaak van die geleentheid om in hierdie stad te preek en dissipels te maak. – 1 Kor. 16:8, 9.

8 In 49 HJ het Paulus en ander Christene nog ’n geleentheid gehad om vir baie mense te preek toe die apostels en die ouermanne in Jerusalem ’n besluit gemaak het oor die besnydenis (Hand. 15:23-29). Nadat Paulus en die ander dissipels vir die gemeente gesê het wat die besluit was, het hulle hard gewerk om die “goeie nuus van die woord van Jehovah” te verkondig (Hand. 15:30-35). Wat was die resultaat? Die Bybel sê: “Die gemeentes [het] heeltyd sterker geword in die geloof en [hulle] het dag ná dag bly vermeerder.” – Hand. 16:4, 5.

HOE ONS VANDAG ’N TYD VAN VREDE GEBRUIK

9. Wat is die omstandighede in baie lande vandag, en wat kan ons ons afvra?

9 In baie lande vandag het ons die vryheid om te preek. Bly jy in een van hierdie lande? As dit die geval is, vra jou af: ‘Hoe gebruik ek hierdie vryheid?’ Gedurende hierdie opwindende laaste dae is Jehovah se organisasie besig met die grootste predikings- en onderrigtingskampanje wat die wêreld nog ooit gesien het (Mark. 13:10). Daar is baie geleenthede vir Jehovah se volk.

Collage: ’n Paartjie vereenvoudig hulle lewe om te dien waar daar ’n behoefte is. 1. Die paartjie pak hulle besittings in bokse en in ’n tas. 2. Dieselfde paartjie, wat nou in ’n ander land dien, doen velddiens. Die suster bespreek ’n brosjure met ’n vrou.

Baie geniet dit om in ’n ander land te preek of om vir persone te preek wat ’n ander taal praat (Sien paragraaf 10-12)d

10. Wat moedig 2 Timoteus 4:2 ons aan om te doen?

10 Hoe kan jy gebruik maak van ’n tyd van vrede? (Lees 2 Timoteus 4:2.) Miskien kan jy na jou omstandighede kyk en sien of jy of iemand in jou familie meer in die predikingswerk kan doen, dalk selfs begin pionier. Nou is nie die tyd om ryk te wil word en om materiële dinge bymekaar te maak nie – dinge wat nie die groot verdrukking saam met jou gaan oorleef nie. – Spr. 11:4; Matt. 6:31-33; 1 Joh. 2:15-17.

11. Wat het party verkondigers gedoen om soveel mense as moontlik te help om die goeie nuus te hoor?

11 Baie verkondigers leer ’n nuwe taal aan sodat hulle dit in die predikings- en onderrigtingswerk kan gebruik. God se organisasie ondersteun hulle deur publikasies wat op die Bybel gebaseer is, in meer en meer tale beskikbaar te maak. Byvoorbeeld, in 2010 was ons publikasies in omtrent 500 tale beskikbaar. Vandag is dit in meer as 1 000 tale beskikbaar!

12. Hoe help dit mense om die Koninkryksboodskap in hulle moedertaal te hoor? Gee ’n voorbeeld.

12 Hoe help dit mense wanneer hulle die waarheid uit God se Woord in hulle moedertaal kan hoor? Kyk na die ondervinding van ’n suster wat baat gevind het by ’n streekbyeenkoms in Memfis, Tennessee, VSA. Die byeenkoms was gehou in Kinyarwanda, ’n taal wat deur die meeste mense in Rwanda, Kongo (Kinshasa) en Uganda gepraat word. Ná die byeenkoms het die Kinyarwanda-sprekende suster gesê: “Vandat ek 17 jaar gelede na die Verenigde State getrek het, is dit die eerste keer wat ek ’n geestelike program heeltemal verstaan.” Dit is duidelik dat dit die suster se hart geraak het toe sy die program in haar eie taal gehoor het. Kan jy ’n ander taal leer om mense in jou gebied te help as jou omstandighede jou toelaat? Sal iemand in jou gebied dalk bereid wees om na jou te luister as jy met hom in sy moedertaal praat? Jou harde werk sal jou baie gelukkig maak.

13. Hoe het ons broers in Rusland ’n tyd van vrede gebruik?

13 In party lande kan ons broers nie vryelik preek nie omdat regerings ons predikingswerk beperk het. Byvoorbeeld, dink aan ons broers in Rusland. Hulle is jare lank vervolg, maar vanaf Maart 1991 het die regering hulle toegelaat om vryelik te aanbid. Gedurende daardie tyd was daar omtrent 16 000 Koninkryksverkondigers in Rusland. Twintig jaar later is daar meer as 160 000 verkondigers! Dit is duidelik dat ons broers wys opgetree het toe hulle die geleentheid gehad het om vryelik te preek. Hierdie tyd van vrede het tot ’n einde gekom. Maar al het hulle omstandighede verander, dien hulle Jehovah nog steeds met ywer. Hulle hou aan om alles te doen wat hulle kan om Jehovah te dien.

DIE TYD VAN VREDE SAL TOT ’N EINDE KOM

Koning Asa ry op ’n perd op ’n slagveld met sy leërmag by hom. Hulle gaan teen ’n groot Etiopiese leërmag veg.

Nadat koning Asa gebid het, het Jehovah Juda gehelp om die oorlog teen ’n magtige leërmag te wen (Sien paragraaf 14-15)

14-15. Hoe het Jehovah sy krag gebruik om Asa te help?

14 In Asa se dag het die tyd van vrede tot ’n einde gekom. ’n Groot leërmag van meer as een miljoen soldate het uit Etiopië gekom. Hulle bevelvoerder, Serag, was oortuig dat hy en sy leërmag die geveg teen Juda kon wen. Maar koning Asa het op sy God, Jehovah, vertrou. Asa het gebid: “Help ons, Jehovah ons God, want ons vertrou op u, en dit is in u naam dat ons teen hierdie groot leërmag opgetrek het.” – 2 Kron. 14:11.

15 Alhoewel die Etiopiese leërmag amper twee keer soveel soldate as Asa se leërmag gehad het, het Asa geweet dat Jehovah kragtig is en Sy volk kan help. En Jehovah het hom nie teleurgestel nie; die Etiopiese leërmag het die geveg verloor. – 2 Kron. 14:8-13.

16. Hoe weet ons dat die tyd van vrede tot ’n einde sal kom?

16 Al weet ons nie presies wat in die toekoms met elkeen van ons gaan gebeur nie, weet ons dat die tyd van vrede wat God se volk nou het, net tydelik is. Om die waarheid te sê, Jesus het gesê dat sy dissipels in die laaste dae “deur al die nasies gehaat” sal word (Matt. 24:9). Die apostel Paulus het ook gesê dat “almal wat met toegewydheid aan God as ’n volgeling van Christus Jesus wil lewe, . . . ook vervolg [sal] word” (2 Tim. 3:12). Satan is “woedend”, en ons moenie dink dat ons nie deur sy woede geraak sal word nie. – Op. 12:12.

17. Op watter maniere sal ons geloof dalk getoets word?

17 Ons almal se integriteit sal in die toekoms getoets word. Binnekort sal daar “groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie plaasgevind het nie” (Matt. 24:21). Gedurende hierdie tyd sal ons familie dalk teen ons draai en ons werk sal dalk verbied word (Matt. 10:35, 36). Sal elkeen van ons, soos Asa, op Jehovah vertrou om ons te help en te beskerm?

18. Wat sal ons volgens Hebreërs 10:38, 39 help om vir die einde van vrede voor te berei?

18 Jehovah is nou besig om ons voor te berei vir wat voorlê sodat ons geloof sterk kan wees. Hy gebruik “die getroue en verstandige slaaf” om vir ons “voedsel op die regte tyd te gee” sodat ons alles sal hê wat ons nodig het om sterk te bly (Matt. 24:45). Maar elkeen van ons moet ons deel doen en hard werk om sterk geloof in Jehovah op te bou. – Lees Hebreërs 10:38, 39.

19-20. Met 1 Kronieke 28:9 in gedagte, watter vrae moet ons ons afvra, en hoekom moet ons dit vra?

19 Net soos koning Asa, moet ons “Jehovah . . . soek” (2 Kron. 14:4; 15:1, 2). Ons begin Jehovah soek wanneer ons hom leer ken en gedoop word. Ons gebruik elke geleentheid om ons liefde vir Jehovah te versterk. Om te kyk hoe ons hiermee doen, kan ons ons afvra: ‘Woon ek die gemeentelike vergaderinge gereeld by?’ By die vergaderinge kry ons die krag om Jehovah aan te hou dien en word ons deur ons broers en susters aangemoedig (Matt. 11:28). Ons kan ons ook afvra: ‘Doen ek gereeld persoonlike studie?’ As jy saam met jou familie bly, maak julle elke week tyd om gesinsaanbidding te hou? Of as jy alleen bly, maak jy nog steeds tyd vir gesinsaanbidding? En doen jy soveel as moontlik in die predikings- en dissipelmaakwerk?

20 Hoekom moet ons hierdie vrae vra? Die Bybel sê dat Jehovah ons gedagtes en wat in ons hart is, ondersoek, so ons moet dieselfde doen. (Lees 1 Kronieke 28:9.) As ons sien dat ons veranderinge moet maak in ons doelwitte, gesindheid of denke, moet ons Jehovah vra om ons te help om hierdie veranderinge te maak. Dit is nou die tyd om onsself voor te berei vir die toetse wat voorlê. Moenie toelaat dat enige iets jou keer om ’n tyd van vrede wyslik te gebruik nie.

HOE SAL JY ANTWOORD?

  • Hoe het koning Asa en die eerste-eeuse Christene goed gebruik gemaak van tye van vrede?

  • Hoe kan Christene vandag goed gebruik maak van tye van vrede?

  • Wat kan ons binnekort in die toekoms verwag?

LIED 62 Die nuwe lied

a Bly jy in ’n land waar jy Jehovah vryelik kan aanbid? As dit die geval is, hoe maak jy gebruik van hierdie tyd van vrede? Hierdie artikel sal jou help om te sien hoe jy koning Asa van Juda en die eerste-eeuse Christene kan navolg. Toe daar vrede was, het hulle wyslik gebruik gemaak van daardie tyd.

b WAT DIT BETEKEN: Die term “vrede” verwys na meer as net ’n tyd wanneer daar nie oorlog is nie. Die Hebreeuse woord dra ook die gedagte oor van goeie gesondheid, veiligheid en voorspoed.

c BESKRYWING VAN PRENT: Koning Asa het sy ouma uit haar posisie verwyder omdat sy valse aanbidding bevorder het. Asa se getroue ondersteuners het sy voorbeeld nagevolg en afgodsbeelde vernietig.

d BESKRYWING VAN PRENT: ’n Ywerige paartjie vereenvoudig hulle lewe sodat hulle kan dien waar daar meer verkondigers nodig is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel