Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp24 nr. 1 bl. 14-15
  • Reg en verkeerd: ’n Keuse wat jy moet maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Reg en verkeerd: ’n Keuse wat jy moet maak
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2024
  • Soortgelyke materiaal
  • Maak die Bybel se standaarde van reg en verkeerd nog enigsins saak?
    Nog onderwerpe
  • Dien Jehovah volgens sy hoë standaarde
    Lewe met Jehovah se dag in gedagte
  • Jehovah se volk is lief vir regverdigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Wie se standaarde kan jy vertrou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2024
wp24 nr. 1 bl. 14-15
Die jong man wat in die vorige artikels gewys is, lyk gelukkig terwyl hy in die verte kyk nadat hy die top van die berg bereik het.

Reg en verkeerd: ’n Keuse wat jy moet maak

Die standaarde waarvolgens ons kies om te lewe, sal ’n groot uitwerking hê op hoe ons lewe uitdraai. Jehovah God weet dit. Daarom wil hy hê dat ons volgens sy standaarde moet lewe.

Jehovah wil hê dat ons ’n vreedsame en gelukkige lewe moet geniet.

“Ek, Jehovah, is jou God, die Een wat jou leer om jouself te bevoordeel, die Een wat jou lei op die weg wat jy moet volg. As jy maar net aan my gebooie aandag sal skenk! Dan sal jou vrede net soos ’n rivier word, en jou regverdigheid soos die golwe van die see.” – Jesaja 48:​17, 18.

As ons Skepper weet God wat die beste manier is waarop ons moet lewe. Hy nooi ons om sy leiding te volg omdat dit goed sal wees vir ons. Wanneer ons God se gebooie volg, sal ons nie hoef te wonder of ons besluit goed sal uitdraai nie. Ons sal altyd die regte besluit maak, wat tot vrede en geluk lei.

Jehovah vra nie dat ons enige iets moet doen wat ons nie kan nie.

“Hierdie gebod wat ek julle vandag beveel, is nie te moeilik vir julle nie, en dit is ook nie vir julle onbereikbaar nie.” – Deuteronomium 30:11.

Om volgens God se standaarde oor wat reg en verkeerd is, te lewe, sal dalk vereis dat ons die manier waarop ons dink en optree, moet verander. Maar Jehovah vra nie te veel van ons nie. As ons Skepper weet hy tog wat ons kan doen. En as ons Jehovah leer ken, sal ons sien dat “sy gebooie nie swaar [is] nie”. – 1 Johannes 5:3.

Twee Getuies van Jehovah studeer die Bybel met ’n vrou en gebruik die boek “Geniet die lewe vir ewig!”

Jehovah belowe om dié te help wat kies om volgens sy standaarde te lewe.

“Ek, Jehovah jou God, gryp jou regterhand vas. Ek is die Een wat vir jou sê: ‘Moenie bang wees nie. Ek sal jou help.’” – Jesaja 41:13.

Ons kan lewe op die manier wat God wil hê ons moet lewe omdat hy ons sal help. Hy kan ons help deur sy Woord, die Bybel, wat ons aanmoediging en hoop gee.

Miljoene mense regoor die wêreld het gevind dat om volgens die Bybel se standaarde te lewe, hulle lewe verbeter het. Ons nooi jou om meer te leer oor die goeie raad in die Bybel. Jy kan begin deur na die Bybelbrosjure Geniet die lewe vir ewig! te kyk wat kosteloos beskikbaar is op jw.org. Dit bevat die volgende lesse:

  • Hoe kan die Bybel jou help?

  • Die Bybel gee ons hoop vir die toekoms

  • Kan jy die Bybel vertrou?

Terwyl jy God se Woord, die Bybel, ondersoek, sal jy ontdek dat dit nie verouderd is nie. Dit is “altyd betroubaar, nou en vir ewig” (Psalm 111:8). Om die standaarde oor wat reg en verkeerd is, te volg wat in die Bybel is, is die beste manier waarop ons kan lewe. Maar God sal ons nie dwing om dit te doen nie (Deuteronomium 30:​19, 20; Josua 24:15). Dit is ’n keuse wat elkeen van ons moet maak.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel