Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w25 September bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Vaar op met vleuels soos die arende
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Die oog van ’n arend
    Ontwaak!—2002
  • Oorsig van Hooglied van Salomo
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
w25 September bl. 31

Vrae van lesers

Die skrywer van Spreuke 30:​18, 19 het gesê dat hy “nie kan begryp . . . hoe ’n man hom by ’n jong vrou gedra” nie. Wat het hy bedoel?

Baie mense het gewonder wat daardie verse beteken, insluitende ’n paar geleerdes. Die volledige gedeelte in die Nuwe Wêreld-vertaling lees: “Daar is drie dinge wat ek nie kan begryp nie en vier wat ek nie verstaan nie: Hoe ’n arend in die lug vlieg, hoe ’n slang oor ’n rots seil, hoe ’n skip op die oop see seil en hoe ’n man hom by ’n jong vrou gedra.” – Spr. 30:​18, 19.

Ons het voorheen gedink dat die frase “hoe ’n man hom by ’n jong vrou gedra” iets negatiefs beskryf. Hoekom? Die konteks noem negatiewe dinge wat nooit “genoeg” sê nie (Spr. 30:​15, 16). En vers 20 praat van “’n vrou wat egbreuk pleeg” wat sê dat sy niks verkeerds gedoen het nie. Daarom het ons geredeneer dat die man dalk geen spoor van sy aktiwiteit laat nie, soos ’n arend wat hoog in die lug vlieg, ’n slang op ’n rots of ’n eertydse skip op die oop see. Gebaseer op daardie redenasie het ons gedink dat die uitdrukking “hoe ’n man hom by ’n jong vrou gedra” na iets slegs verwys het – ’n slinkse jong man wat dalk ’n naïewe jong vrou verlei sonder dat sy besef wat besig is om te gebeur.

Maar daar is goeie rede om die gedeelte in ’n positiewe lig te sien. Die skrywer het eenvoudig dinge genoem wat hom beïndruk het.

Die oorspronklike Hebreeus ondersteun die beskouing dat hierdie vers iets positiefs beteken. Volgens die Theological Lexicon of the Old Testament dui die Hebreeuse woord wat met “wat ek nie kan begryp nie” in Spreuke 30:18 vertaal word, “op ’n gebeurtenis wat ’n persoon . . . buitengewoon, onmoontlik, selfs wonderlik vind”.

Professor Crawford H. Toy van Harvard-Universiteit in die Verenigde State het ook tot die gevolgtrekking gekom dat hierdie Bybelgedeelte nie hier iets negatiefs beskryf nie. Hy het gesê: “Die skrywer het probeer om te beskryf hoe wonderlik daardie dinge is.”

So dit lyk redelik om te sê dat die woorde in Spreuke 30:​18, 19 dinge beskryf wat werklik wonderlik is, wat ons selfs nie kan begryp nie. Soos die Bybelskrywer is ons verstom deur hoe ’n arend hoog in die lug kan vlieg, hoe ’n slang sonder bene oor ’n rots kan seil, hoe ’n swaar skip oor die see kan seil en hoe ’n jong man en ’n jong vrou verlief kan raak en ’n gelukkige lewe saam kan hê.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel