Die bedrywighede van Jehovah se Getuies in hedendaagse tye
Papoea-Nieu-Guinee
Dit was ’n ontsaglike uitdaging om die goeie nuus in hierdie tropiese land te verkondig. Daar is digte oerwoude, uitgestrekte moerasse en ruwe berge. Meer as duisend stamme woon hier, en oor die 800 tale word gepraat. Lees hoe moedige broers hierdie struikelblokke oorkom het om Bybelwaarheid aan ander bekend te maak. Lees ook van die moed en vasberadenheid van mede-aanbidders wat van bygelowigheid en onskriftuurlike tradisies losgebreek het om getroue knegte van Jehovah te word. Hierdie verslag sal jou geloof beslis versterk.
Estland
Dit is die opwindende verslag van hardwerkende broers en susters wat Koninkryksbelange ondanks wrede vervolging bevorder het. Vind uit wat die “strydwa van die hemelse Koninkryk” was en hoe ’n polisieman sy arm by die takkantoor gebreek het. Lees hoe die broers hulle eie drukmasjiene gebou het en hulle eie ink gemaak het. Kyk hoe nederige knegte van Jehovah ’n uitmergelende twee week lange treinrit verduur het en die strawwe Siberiese klimaat oorleef het. Lees waarom een suster gesê het: “Dit was goed wanneer ek in alleenopsluiting geplaas is.” Ja, dit is die opwindende verslag van die lojaliteit, moed en vindingrykheid van God se getroue knegte in Estland.