Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yb14 bl. 99
  • “Jy sal binne ’n jaar dood wees”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Jy sal binne ’n jaar dood wees”
  • 2014 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Soortgelyke materiaal
  • Ek het op Sierra Leone verlief geraak
    2014 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Die dissipelmaakwerk het my lewe gerig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • ’n Verstandige antwoord
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Vasbeslote om Jehovah te dien
    2014 Jaarboek van Jehovah se Getuies
Sien nog
2014 Jaarboek van Jehovah se Getuies
yb14 bl. 99

SIERRA LEONE EN GUINEE

“Jy sal binne ’n jaar dood wees”

Zachaeus Martyn

  • GEBORE 1880

  • GEDOOP 1942

  • PROFIEL Het begin pionier toe hy 72 jaar oud was.

Prent op bladsy 99

ZACHAEUS het nooit die Bybel saam met iemand gestudeer nie. Maar nadat hy die boeke Redding en Die harp van God gelees het, het hy geweet dat hy die waarheid gevind het.

Vroeg een Sondagoggend in 1941 het Zachaeus vertrek om sy eerste Getuievergadering by te woon, waarheen hy agt kilometer ver teen ’n steil berg moes afloop. Omdat hy nie geweet het hoe laat die vergadering sou begin nie, het hy ’n hele paar uur te vroeg daar aangekom. Zachaeus het gesit en wag vir die broers om op te daag. Nadat hy drie Sondagvergaderinge by die Koninkryksaal bygewoon het, het hy vir die plaaslike Anglikaanse Kerk gesê om sy naam van die lidmaatregister te verwyder.

’n Goeie vriend, wat in daardie kerk was, het hom berispe en gesê: “Oukêrel, jy sal binne ’n jaar dood wees as jy aanhou om daardie agt kilometer, berg op en berg af, na die saal van daardie mense te loop.” Hy het Zachaeus vyf jaar lank twee keer per week berg op en berg af sien loop. Toe het die vriend dood neergeslaan! Vyf-en-twintig jaar later het Zachaeus nog steeds perdfris en gesond gevoel.

Zachaeus het Jehovah getrou gedien tot sy dood op die ouderdom van 97.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel