Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 171
  • Hoe lyk die Duiwel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe lyk die Duiwel?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Hoe beskryf die Bybel die Duiwel?
  • Staan Satan teë, en hy sal vlug!
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • “Staan die Duiwel teë”, soos Jesus gedoen het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Antwoorde op Bybelvrae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Wat sê die Bybel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 171

Hoe lyk die Duiwel?

Die Bybel se antwoord

Die Duiwel is ’n onsigbare geespersoon, wat beteken dat hy nie ’n fisiese liggaam het nie. – Efesiërs 6:11, 12.

’n Gewilde voorstelling van die Duiwel wat ’n vurk vashou. Hy lyk soos ’n bok met horings en ’n stert.

Baie kunstenaars het die Duiwel al geteken as ’n bok met horings, ’n stert en ’n vurk. Party mense glo dat sulke prentjies van die Duiwel die eerste keer geteken is deur kunstenaars wat meer as ’n 1 000 jaar gelede gelewe het. En hierdie kunstenaars is heel moontlik beïnvloed deur eertydse mitologie en verhale wat van generasie tot generasie oorgedra is.

  • Hoe beskryf die Bybel die Duiwel?

  • Bybelverse oor die Duiwel

Hoe beskryf die Bybel die Duiwel?

Die Bybel beskryf die Duiwel op verskillende maniere. Dit help ons om sy persoonlikheid te verstaan, nie hoe hy lyk nie. ’n Paar van die beskrywings sluit in:

  • ’n Engel van lig. Hy maak asof hy iets goeds aanbied sodat hy mense kan kry om sy leringe te volg eerder as God s’n. – 2 Korintiërs 11:14.

  • ’n Brullende leeu. Hy val God se aanbidders wreed aan. – 1 Petrus 5:8.

  • ’n Groot draak. Hy is skrikwekkend, kragtig en veroorsaak baie skade. – Openbaring 12:9.

Bybelverse oor die Duiwel

  • 2 Korintiërs 11:14: “Satan self bly voorgee dat hy ’n engel van lig is.”

    Betekenis: Satan maak asof hy goed is sodat hy mense kan kry om sy leringe te volg eerder as God s’n.

  • Efesiërs 6:11: “Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle kan vasstaan teen die slinkse planne van die Duiwel.”

    Betekenis: Die Duiwel maak planne om mense te kry om ongehoorsaam te wees aan God.

  • Jakobus 4:7: “Onderwerp julle dan aan God, maar staan die Duiwel teë, en hy sal van julle af wegvlug.”

    Betekenis: ’n Persoon kan Satan suksesvol teëstaan deur gehoorsaam te wees aan God eerder as aan die Duiwel.

  • 1 Petrus 5:8: “Julle teenstander, die Duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.”

    Betekenis: Die Duiwel haat almal wat gehoorsaam is aan God, en hy wil hulle vriendskap met God vernietig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel