Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 49
  • Die aanbidding van beelde – Wat sê die Bybel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die aanbidding van beelde – Wat sê die Bybel?
  • Nog onderwerpe
  • Soortgelyke materiaal
  • Kan beelde jou nader aan God bring?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Moet God deur middel van beelde aanbid word?
    Ontwaak!—2008
  • Beelde
    Ontwaak!—2014
  • Moet ons beelde aanbid?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 49
Pous Fransiskus buig voor ’n beeld van Maria.

HOU AAN WAAK!

Die aanbidding van beelde – Wat sê die Bybel?

Volgens die Catholic News Service het pous Fransiskus op 25 Maart 2022 gedurende ’n seremonie in die St. Pieterskerk voor ’n beeld van Maria gestaan met sy “oë toe en sy hoof gebuig en in stilte gebid”. Hy “het Maria gesmeek” vir vrede. ’n Verslag deur die Vatican News het bygevoeg dat “die Pous die Gebed van Toewyding van die mensdom aan die Onbevlekte Hart van Maria gebid het, veral oor Rusland en Oekraïne”.

Wat dink jy? Is dit reg om voor beelde te bid of om dit in aanbidding te gebruik? Kyk na die volgende Bybeltekste:

  • “Jy mag nie vir jou ’n beeld of ’n afbeelding maak van enigiets wat bo in die hemel, onder op die aarde of in die waters op die aarde is nie. Jy mag nie voor hulle neerbuig of verlok word om hulle te dien nie, want ek, Jehovah jou God, is ’n God wat uitsluitlike toegewydheid vereis.” – Eksodus 20:4, 5.a

  • “Hulle afgode is silwer en goud, die werk van mensehande. Hulle het ’n mond, maar hulle kan nie praat nie, oë, maar hulle kan nie sien nie. Hulle het ore, maar hulle kan nie hoor nie, ’n neus, maar hulle kan nie ruik nie. Hulle het hande, maar hulle kan nie voel nie, voete, maar hulle kan nie loop nie. Geen geluid kom uit hulle keel nie. Die mense wat hulle maak, sal net soos hulle word, en so ook almal wat op hulle vertrou.” – Psalm 115:4-8.

  • “Ek is Jehovah. Dit is my naam. Ek deel nie my heerlikheid met enigiemand anders nie, en ook nie my lof aan beelde nie.” – Jesaja 42:8, voetnoot.

  • “Vlug vir afgodediens.” – 1 Korintiërs 10:14.

  • “Bly weg van afgode.” – 1 Johannes 5:21.

Vir meer inligting oor wat die Bybel sê oor die gebruik van beelde in aanbidding, lees die artikel “Die Bybel se beskouing – Beelde” of kyk na die video Aanvaar God die gebruik van beelde in ons aanbidding?

Jy sal dalk ook belangstel in wat die Bybel sê oor die volgende onderwerpe:

  • “Die Maagd Maria – Wat sê die Bybel oor haar?”

  • “Moet jy tot die Maagd Maria bid?”

  • “Wonderwerke en verskynings – Tekens van God?”

  • “Vrede op aarde—Hoe sal dit tot stand kom?”

Photo credit: Vincenzo Pinto/AFP via Getty Images

a Jehovah is die persoonlike naam van God (Psalm 83:18). Sien die artikel “Wie is Jehovah?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel