Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mrt artikel 60
  • Ernstige droogtes – Wat sê die Bybel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ernstige droogtes – Wat sê die Bybel?
  • Nog onderwerpe
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Droogtes en Bybelprofesieë
  • Hoekom droogtes erger word
  • Is daar enige hoop vir die toekoms?
  • 2022: ’n Jaar vol probleme – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • Klimaatsverandering en ons toekoms – Wat die Bybel sê
    Nog onderwerpe
  • Hoogste temperature op rekord wêreldwyd – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
  • Die aarde word vernietig – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
Sien nog
Nog onderwerpe
mrt artikel 60
Baie droë grond met net een plantjie wat oorleef.

Brais Seara/Moment via Getty Images

HOU AAN WAAK!

Ernstige droogtes – Wat sê die Bybel?

  •  “Volgens China het hulle ‘die ergste’ hittegolf en die derde droogste somer gehad wat al ooit opgeteken is.” – The Guardian, 7 September 2022.

  •  Vir die vyfde jaar in ’n ry sal dele van Afrika ernstige droogtes ondervind. – UN News, 26 Augustus 2022.

  •  Daar is gevaar van droogte in meer as die helfte van Europa, en dit is heel moontlik die ergste droogte in 500 jaar. – BBC News, 23 Augustus 2022.

Baie kenners voorspel dat sulke droogtes sal aanhou en selfs erger sal word. Is daar enige hoop vir ’n beter toekoms? Wat sê die Bybel?

Droogtes en Bybelprofesieë

Die Bybel het die volgende vir ons dag voorspel:

  •  “Daar sal . . . voedseltekorte . . . op die een plek ná die ander [wees].” – Lukas 21:11.

Droogtes veroorsaak dikwels voedseltekorte. Sulke voedseltekorte, en die swaarkry en dood wat dit veroorsaak, vervul Bybelprofesieë. – Openbaring 6:6, 8.

Hoekom droogtes erger word

Die Bybel gee ’n belangrike rede hoekom droogtes erger word. Dit sê:

  •  “Dit behoort nie aan die mens wat loop om sy voetstappe te rig nie.” – Jeremia 10:23.

Dit beteken dat mense nie op ’n suksesvolle manier hulle ‘voetstappe kan rig’, of oor hulleself kan regeer nie. Hulle slegte besluite veroorsaak dikwels droogtes en watertekorte.

  •  Die meeste wetenskaplikes stem saam dat die dinge wat mense doen, aardverwarming veroorsaak het, en as gevolg hiervan is daar meer droogtes regoor die wêreld.

  •  Gierigheid en mense wat beleide maak sonder om aan die toekoms te dink, veroorsaak die vernietiging van woude, besoedeling en die misbruik van natuurlike hulpbronne. As gevolg hiervan kan ons dalk belangrike waterbronne verloor.

Maar die Bybel gee ons hoop.

Is daar enige hoop vir die toekoms?

Die Bybel belowe dat God binnekort die waterkrisis sal oplos. Hoe sal hy dit doen?

  1. 1. God sal “die vernietigers van die aarde . . . vernietig” (Openbaring 11:18). Hy sal een oorsaak van watertekorte verwyder – goddelose, gierige mense wat die omgewing vernietig. – 2 Timoteus 3:1, 2.

  2. 2. “Die kurkdroë grond sal verander in ’n poel vol riete” (Jesaja 35:1, 6, 7). God sal die skade herstel wat deur droogtes veroorsaak is en hierdie planeet in ’n paradys verander waar daar baie water sal wees.

  3. 3. “U sorg vir die aarde, en u maak dit baie vrugbaar en ryk” (Psalm 65:9). Met God se seën sal daar oorgenoeg goeie kos en skoon water vir almal wees.

Om uit te vind hoe klimaatsverandering Bybelprofesieë vervul, lees die artikel “Klimaatsverandering en ons toekoms – Wat die Bybel sê”.

Om meer uit te vind oor die Bybel se hoop vir die toekoms, lees die artikel “Wie sal die aarde red?”

Om te sien hoe die Bybel ons kan help om die uitdagings te hanteer wat deur uiterste weerstoestande veroorsaak word, lees die artikel “Uiterste weerstoestande – Kan die Bybel jou help?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel