Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 34
  • Sal God my gebede verhoor?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sal God my gebede verhoor?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Wat sê die Bybel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
  • Kom nader aan God deur gebed
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Die voorreg van gebed
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Oor gebede wat God verhoor
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 34

Sal God my gebede verhoor?

Die Bybel se antwoord

Ja, hy sal. Die Bybel sowel as werklike ondervindinge toon dat God gebede verhoor. Die Bybel sê: “Aan die begeerte van dié wat [God] vrees, sal hy voldoen, en hulle hulpgeroep sal hy hoor, en hy sal hulle red” (Psalm 145:19). Maar dit berus hoofsaaklik by jou of God jou gebede sal verhoor.

Wat vir God belangrik is

  • Om tot God te bid, nie tot Jesus, Maria, heiliges, engele of beelde nie. Net Jehovah God is die “Hoorder van die gebed.”—Psalm 65:2.

  • Om te bid in ooreenstemming met God se wil, of vereistes, wat in die Bybel gevind word.—1 Johannes 5:14.

  • Om in Jesus se naam te bid en sy gesag te erken. “Niemand kom na die Vader behalwe deur my nie,” het Jesus gesê.—Johannes 14:6.

  • Om in geloof te bid en om meer geloof te vra, indien nodig.—Matteus 21:22; Lukas 17:5.

  • Om nederig en opreg te wees. Die Bybel sê: “Jehovah is hoog, en tog sien hy die nederige.”—Psalm 138:6.

  • Om te volhard. Jesus het gesê: “Hou aan vra, en vir julle sal gegee word.”—Lukas 11:9.

Wat nie vir God belangrik is nie

  • Jou ras of nasionaliteit. “God [is] nie partydig ... nie, maar in elke nasie is die mens wat hom vrees en regverdigheid beoefen, vir hom aanneemlik.”—Handelinge 10:34, 35.

  • Jou liggaamshouding of -posisie. Jy kan tot God bid terwyl jy sit, buig, kniel of staan.—1 Kronieke 17:16; Nehemia 8:6; Daniël 6:10; Markus 11:25.

  • Of jy nou hardop bid of ’n stille gebed doen. God verhoor selfs stille gebede waarvan ander nie bewus is nie.—Nehemia 2:1-6.

  • Of jou probleme groot of klein is. God spoor jou aan om ‘al jou sorge op hom te werp, want hy sorg vir jou.’—1 Petrus 5:7.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel