Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 49
  • Waar woon die Duiwel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waar woon die Duiwel?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Satan
    Ontwaak!—2013
  • “Staan die Duiwel teë”, soos Jesus gedoen het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Heersers in die geesteryk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Staan Satan teë, en hy sal vlug!
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 49

Waar woon die Duiwel?

Die Bybel se antwoord

Die Duiwel is ’n geesskepsel en woon dus in ’n onsigbare ryk. Maar dit is nie in ’n brandende hel waar hy die goddeloses laat ly, soos in die bygaande kunswerk uitgebeeld word nie.

‘Oorlog in die hemel’

Satan die Duiwel het ’n ruk lank vryelik in die geesteryk rondbeweeg, en hy het selfs ook saam met die getroue engele voor God ingekom (Job 1:6). Maar die Bybel het voorspel dat daar ’n ‘oorlog in die hemel’ sou wees, wat daartoe sou lei dat Satan uit die hemel verdryf en “op die aarde gegooi” word (Openbaring 12:7-9, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling). Bybelchronologie sowel as wêreldgebeure bevestig dat hierdie oorlog in die hemel reeds plaasgevind het. Die Duiwel is nou beperk tot die omgewing van die aarde.

Beteken dit dat die Duiwel op ’n spesifieke plek op ons planeet woon? Daar is byvoorbeeld van die eertydse stad Pergamum gesê dat dit die plek is waar “die troon van Satan is” en “waar Satan woon” (Openbaring 2:13). Maar hierdie uitdrukkings verwys waarskynlik na al die sataniese aanbidding wat daar beoefen is. Die Bybel sê dat die Duiwel oor “al die koninkryke van die bewoonde aarde” heers. Hy woon dus nie op een fisiese plek op die aarde nie, maar is beperk tot die omgewing van die aarde.—Lukas 4:5, 6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel