Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 80
  • Word die tyd van ons dood vooraf bepaal?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Word die tyd van ons dood vooraf bepaal?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Bybel se antwoord
  • Word jou toekoms bepaal deur die noodlot?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Prediker 3:11 – “Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd”
    Verduidelikings van Bybelverse
  • Daar is ’n tyd vir alles
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Word ons lewe voorbeskik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 80
Iemand word in ’n ambulans gelaai terwyl verbygangers toekyk

Word die tyd van ons dood vooraf bepaal?

Die Bybel se antwoord

Nee, die tyd van ons dood word nie vooraf bepaal nie. Die Bybel steun nie geloof in die noodlot nie. Dit sê eerder dat die dood dikwels die gevolg is van “onvoorsiene gebeurtenisse”.—Prediker 9:11.

Sê die Bybel nie dat daar “’n tyd om te sterwe”, is nie?

Ja, Prediker 3:2 sê: “[Daar is] ’n tyd om gebore te word en ’n tyd om te sterwe, ’n tyd om te plant en ’n tyd om uit te roei wat geplant is” (Ou Afrikaanse Bybelvertaling). Maar die konteks van hierdie vers toon dat die Bybel hier praat van die voortdurende kringlope van die lewe (Prediker 3:1-8). God het nie die tyd bepaal waarop ons sal doodgaan nie, net soos hy nie ’n boer dwing om op ’n sekere oomblik te plant nie. Die punt is eerder dat ons nie so behep met alledaagse sake moet wees dat ons die aanbidding van ons Skepper afskeep nie.—Prediker 3:11; 12:1, 13.

Ons lewe kan verleng word

Ondanks die onsekerhede van die lewe kan ons langer lewe as ons wyse besluite neem. Die Bybel sê: “Die wet van die wyse is ’n bron van lewe, om ’n mens van die strikke van die dood af te keer” (Spreuke 13:14). Moses het eweneens vir die Israeliete gesê dat hulle hulle “dae [kon] verleng” as hulle God se gebooie sou gehoorsaam (Deuteronomium 6:2). Daarenteen kan ons ons lewe verkort as ons roekeloos is deur slegte of dwase dinge te doen.—Prediker 7:17.

Maar ongeag hoe wys of versigtig ons is, ons kan nie die dood vryspring nie (Romeine 5:12). Hierdie situasie sal egter verander, want die Bybel belowe dat daar ’n tyd sal kom wanneer ‘die dood nie meer daar sal wees nie’.—Openbaring 21:4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel