Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 60
  • Wat moet ek oor alkohol weet?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat moet ek oor alkohol weet?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Dink voor jy drink
  • Neem ’n doelbewuste besluit
  • Hoe moet Christene oor alkohol voel?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Word gelei deur God se beskouing van alkohol
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Hou alkohol op sy plek
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Alkoholgebruik – Hoe kan jy in beheer bly?
    Nog onderwerpe
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 60
’n Jong man word alkohol aangebied by ’n piekniek

JONGMENSE VRA

Wat moet ek oor alkohol weet?

Die Bybel verbied nie die gebruik van alkohol wanneer dit in matigheid gedoen word en wanneer dit wettig is nie. Maar dit verbied wel dronkenskap.—Psalm 104:15; 1 Korintiërs 6:10.

Maar sê nou daar word druk op jou geplaas om te drink as dit onwettig is of as jou ouers dit nie toelaat nie?

  • Dink voor jy drink

  • Neem ’n doelbewuste besluit

  • Wat ander jongmense sê

Dink voor jy drink

Party van jou vriende dink dalk dat jy nie pret kan hê as jy nie drink nie. Maar wat kan gebeur nadat jy gedrink het?

  • Iemand in die tronk

    Jy kan probleme met die gereg hê. As jy alkohol drink wanneer dit onwettig is, kan jy afhangende van waar jy bly, ’n boete kry of aangekla word, of jou bestuurderslisensie kan van jou af weggeneem word. Jy kan ook met gemeenskapsdiens gestraf word of selfs tronk toe gaan.—Romeine 13:3.

  • ’n Elektroniese toestel

    Jy kan ’n slegte reputasie kry. Alkohol verminder jou selfbeheersing. As jy alkohol gedrink het, kan jy dalk dinge sê of doen waaroor jy later spyt sal wees (Spreuke 23:31-33). Omdat sosiale media vandag so algemeen is, kan jou dade ’n blywende uitwerking op jou reputasie hê.

  • Daar word aan ’n vrou gevat

    Jy kan jou nie goed verdedig nie. Alkohol kan veroorsaak dat jy maklik fisies of seksueel aangerand word. Dit kan ook veroorsaak dat jy maklik deur ander beïnvloed word, wat tot verdere gevaarlike of onwettige dade kan lei.

  • ’n Leë drankbottel

    Jy kan verslaaf raak. Navorsing het getoon dat hoe jonger jy is wanneer jy begin drink, hoe groter is die kanse dat jy daaraan verslaaf sal raak. As jy drink omdat jy gestres, eensaam of verveeld is, begin dit ’n kringloop wat al hoe moeiliker kan raak om te breek.

  • ’n Kopbeen en bene

    Jy kan doodgaan. In ’n onlangse jaar was daar elke 52 minute ’n sterfte in die Verenigde State omdat iemand onder die invloed van alkohol bestuur het. Gedurende ’n tydperk van vyf jaar het daar elke jaar 1 500 mense onder die ouderdom van 21 gesterf in alkoholverwante motorongelukke. Selfs as jy nie alkohol gedrink het nie, vat jy ’n groot kans as jy saam met iemand ry wat wel gedrink het.

Neem ’n doelbewuste besluit

Dit kan gevaarlike en slegte gevolge hê as jy drink wanneer jy nie veronderstel is om te drink nie. Jy kan hierdie gevolge vermy as jy vooraf besluit wat jy gaan doen.

Bybelwaarheid: “Skerpsinnig is die een wat die rampspoed gesien en hom verberg het” (Spreuke 22:3). Dit is baie dom om te drink voordat jy gaan bestuur of enigiets anders gaan doen wat jou volle aandag nodig het.

Besluit: ‘As ek besluit om alkohol te drink, sal ek dit eers begin doen wanneer dit wettig is en as die omstandighede reg is.’

Bybelwaarheid: “Julle [is] slawe vir iemand...omdat julle hom gehoorsaam” (Romeine 6:16). As jy drink net omdat ander jongmense drink, laat jy toe dat ander jou beheer. As jy drink omdat jy verveeld of gestres is, sal jy nooit leer hoe om jou probleme te hanteer nie.

Besluit: ‘Ek sal nie toelaat dat ander jongmense druk op my plaas om te drink nie.’

Bybelwaarheid: “Moenie onder die wynsuipers wees...nie” (Spreuke 23:20). Die verkeerde soort vriende kan dit vir jou moeilik maak om by jou besluit te bly. Jy stel jouself in gevaar wanneer jy saam met ander mense is wat te veel alkohol drink.

Besluit: ‘Ek sal nie goeie vriende wees met mense wat te veel alkohol drink nie.’

Wat ander jongmense sê

Jordan

“Toe ek op skool was, het mense aanhoudend druk op my geplaas om te drink. Ek moes myself heeltyd herinner aan die teks in 1 Korintiërs 15:33, wat sê: ‘Slegte omgang bederf nuttige gewoontes.’”—Jordan.

Jenna

“Ek probeer om enige situasie of enigiemand te vermy wat druk op my sal plaas. Gelukkig het ek vriende wat goeie besluite neem wanneer dit by alkohol kom.”—Jenna.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel