Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 67
  • Wat moet ek weet omtrent my foto’s en die Internet?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat moet ek weet omtrent my foto’s en die Internet?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is die voordele?
  • Wat is die gevare?
  • Wat jy kan doen
  • Hoe om tieners Internetveiligheid te leer
    Ontwaak!—2014
  • Wat moet ek omtrent sosiale netwerke weet?—Deel 2
    Ontwaak!—2011
  • Vier vrae wat jy oor sosiale netwerke moet vra
    Ontwaak!—2012
  • Wat van Internetvriendskappe?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 67
’n Tienermeisie sit ’n foto aanlyn

JONGMENSE VRA

Wat moet ek weet omtrent my foto’s en die Internet?

Jy is besig om jou vakansie te geniet, en jy wil graag jou vriende daarvan vertel! Maar hoe? Gaan jy

  1. vir elkeen ’n poskaart stuur?

  2. vir al jou vriende ’n e-pos stuur?

  3. jou foto’s op ’n sosiale netwerk sit?

Toe jou oupa en ouma so oud soos jy was, was “A” waarskynlik die enigste opsie.

Toe jou ouers so oud soos jy was, was “B” dalk ’n moontlikheid.

Vandag verkies baie jongmense wat toegelaat word om foto’s op sosiale netwerke met hulle vriende te deel, opsie “C”. Wat van jou? As jy hierdie opsie kies, sal hierdie artikel jou help om gevare te vermy.

  • Wat is die voordele?

  • Wat is die gevare?

  • Wat jy kan doen

  • Wat ander jongmense sê

Wat is die voordele?

Dit gebeur dadelik. “As ek op ’n interessante uitstappie is of lekker saam met vriende kuier, kan ek foto’s daarvan vir ander mense wys terwyl ek nog opgewonde daaroor is.”—Melanie.

Dit is maklik. “Dit is baie makliker om aanlyn na my vriende se nuutste foto’s te kyk as om ’n e-pos te stuur om uit te vind waarmee hulle besig is.”—Jordan.

Dit help jou om in kontak te bly. “Party van my familie en vriende bly baie ver. As ek gereeld aanlyn na hulle foto’s kyk, is dit asof ek hulle elke dag sien!”—Karen.

Wat is die gevare?

Jy kan jouself in gevaar stel. As jou kamera geotagging het, kan jou foto’s dalk meer inligting omtrent jou verklap as wat jy dink. Die webwerf Digital Trends sê: “Wanneer foto’s, video’s en kommentare op die Internet gesit word wat presies wys waar ’n persoon is, kan enigiemand met verkeerde motiewe en die regte sagteware daardie persoon opspoor.”

Party skelms stel natuurlik meer belang in waar jy nie is nie. Volgens ’n verslag deur Digital Trends het drie diewe by 18 huise ingebreek terwyl niemand by die huis was nie. Hoe het hulle geweet dat daar niemand by die huis sal wees nie? Hulle het die mense wat in hierdie huise bly, se bewegings aanlyn gevolg—hulle het ’n tegniek gebruik wat cybercasing genoem word. Op hierdie manier kon hulle wegkom met goedere ter waarde van R1 312 000,00.

Jy kan vieslike dinge sien. Party mense het geen skaamte nie en sal foto’s van enigiets op die Internet sit waar almal daarna kan kyk. ’n Tiener met die naam Sarah sê: “Dit raak gevaarlik wanneer jy na foto’s kyk van mense wat jy nie ken nie. Dis soos om in ’n vreemde stad rond te loop sonder ’n padkaart. Die kanse is goed dat jy op ’n plek gaan beland waar jy nie wil wees nie.”

Dit kan jou tyd mors. ’n Jong vrou met die naam Yolanda sê: “Dit kan ’n obsessie raak om na elke foto en kommentaar van almal wat jy ken, te kyk. Dit kan so erg word dat jy elke spaar oomblik wat jy het, na jou foon wil kyk om te sien of daar iets nuuts is.”

’n Tiener meisie kyk heelnag na haar sosiale netwerk en foto’s

Jy het selfbeheersing nodig wanneer jy jou foto’s op sosiale netwerke sit

’n Tiener met die naam Samantha stem saam. “Ek moet seker maak dat ek nie te veel tyd op sulke webwerwe spandeer nie. Jy het regtig selfbeheersing nodig wanneer dit kom by foto’s, die Internet en sosiale netwerke.”

Wat jy kan doen

  • Wees vasbeslote om nie na slegte dinge te kyk nie. Die Bybel sê: “Ek sal geen waardelose ding voor my oë stel nie.”—Psalm 101:3.

    “Wanneer ek mense op sosiale netwerke volg, kyk ek gereeld na dit wat hulle opsit, en as ek voel dat dit verkeerd of sleg is, dan volg ek hulle nie meer aanlyn nie.”—Steven.

  • Vermy mense wat nie dieselfde standaarde as jy het nie, want hulle kan jou verkeerde dinge laat doen. Die Bybel sê: “Moenie mislei word nie. Slegte omgang bederf nuttige gewoontes.”—1 Korintiërs 15:33.

    “Moenie gewilde foto-giere volg nie. Dikwels sluit dit vloekwoorde, foto’s van kaal mense en ander vieslike dinge in.”—Jessica.

  • Besluit hoeveel tyd jy aanlyn gaan spandeer en hoe dikwels jy foto’s op die Internet gaan sit. Die Bybel sê: “Let dan voortdurend streng op hoe julle wandel, dat dit nie as onwyses is nie, maar as wyses, terwyl julle die geleë tyd vir julleself uitkoop.”—Efesiërs 5:15, 16.

    “As iemand te veel foto’s en kommentare op die Internet sit, hou ek op om hulle te volg. Byvoorbeeld, iemand gaan strand toe en sit 20 foto’s van dieselfde skulpie op die Internet. Rêrig? Dit mors net tyd om deur al daai foto’s te kyk!”—Rebekah.

  • Maak seker dat die foto’s wat jy opsit, nie die indruk gee dat alles net oor jou gaan nie. Die Bybelskrywer Paulus sê: “Ek [sê] vir elkeen daar onder julle om nie meer van homself te dink as wat dit nodig is om te dink nie” (Romeine 12:3). Moenie aanneem dat jou vriende sal belangstel in foto’s van jou en alles wat jy doen nie.

    “Party mense neem aanhoudend ‘selfies’ en sit dit op die Internet. As ons vriende is weet ek klaar hoe jy lyk—jy hoef my nie aanmekaar te herinner nie!”—Allison.

Wat ander jongmense sê

Cheyenne

“Ek stel my rekening op ‘Privaat’ sodat ek kan kies wie my aanlyn volg. Ek laat net mense toe om my aanlyn te volg as ek hulle goed ken en ook met hulle sal praat wanneer ons nie aanlyn is nie.”—Cheyenne.

Eliana

“Voordat ek foto’s op die Internet sit, vra ek vrae soos: ‘Is dit te persoonlik? Wat sal ander mense daarvan dink? Sal ek later spyt wees dat ek hierdie foto op die Internet gesit het?’”—Eliana.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel