Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwyp artikel 73
  • Sê nou ’n kuber-boelie maak die lewe vir my moeilik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sê nou ’n kuber-boelie maak die lewe vir my moeilik?
  • Jongmense vra
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat jy moet weet
  • Wat jy kan doen
  • Sê nou ek word afgeknou?
    Jongmense vra
  • Wat moet ek doen as my kind geboelie word?
    Hulp vir die gesin
  • Sê nou ek word by die skool geboelie?
    Antwoorde op 10 vrae wat jongmense vra
  • Hoe om afknouery die hoof te bied
    Ontwaak!—2003
Sien nog
Jongmense vra
ijwyp artikel 73
’n Jong man is depressief nadat hy geboelie is

JONGMENSE VRA

Sê nou ’n kuber-boelie maak die lewe vir my moeilik?

  • Wat jy moet weet

  • Wat jy kan doen

  • Wat ander jongmense sê

Wat jy moet weet

Die Internet maak dit vir boelies maklik. Die boek CyberSafe sê: Omdat die Internet “dit moontlik maak vir kinders om weg te steek wie hulle is, kan dit gebeur dat selfs goeie kinders dinge sê wat ander seermaak”.

Sekere mense word maklik geboelie. Dit sluit mense in wat dalk teruggetrokke is, wat nie altyd inpas nie of wat ’n lae selfbeeld het.

Dit kan ernstige gevolge hê wanneer iemand die Internet of jou foon gebruik om jou te boelie. Dit kan ’n mens eensaam laat voel of depressief maak. Dit het al selfs veroorsaak dat mense selfmoord pleeg.

Wat jy kan doen

Eerstens, vra jou af: ‘Word ek regtig geboelie?’ Partykeer sê mense lelike dinge wat hulle nie eintlik bedoel nie. Wanneer dit gebeur, kan ons na die goeie raad in die Bybel luister:

Om vinnig kwaad te word, is volgens Prediker 7:9 ’n teken van ’n dom mens.

Maar wanneer ’n persoon opsetlik iemand anders lastig val, verkleineer of aanlyn dreig, dan is hy ’n boelie.

As jy aanlyn geboelie word, onthou die volgende: Hoe jy reageer, kan dinge beter of erger maak. Probeer een of meer van die volgende opsies.

Ignoreer die boelie. Die Bybel sê: “Iemand wat sy woorde inhou, besit kennis, en ’n man met onderskeidingsvermoë [of wat verstandig is] is kalm van gees.” — Spreuke 17:27.

Hoekom is dit goeie raad? Nancy Willard gee een rede in haar boek Cyberbullying and Cyberthreats: “Al wat ’n boelie graag wil doen, is om jou te ontstel. Wanneer jy kwaad word, laat jy die boelie toe om jou gevoelens te beheer.”

Kortliks: Soms is die beste reaksie om niks te doen nie.

Probeer om nie terug te baklei nie. Die Bybel sê: “[Moenie] kwaad met kwaad of uitskellery met uitskellery vergeld nie.” — 1 Petrus 3:9.

Hoekom is dit goeie raad? Die boek Cyber-Safe Kids, Cyber-Savvy Teens sê: “Om kwaad te word, wys dat jy swak is, en dit sal net maak dat jy nog meer geboelie word.” Wanneer jy terugbaklei, kan dit lyk asof jy eintlik die probleem veroorsaak.

Kortliks: Moenie olie op die vuur gooi of iets doen wat die probleem net erger kan maak nie.

Doen iets. Die Bybel sê: “Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin [wen] nie” (Romeine 12:21). Daar is dinge wat jy kan doen om die boelie te laat ophou. Jy kan dit regkry sonder om dinge erger te maak.

Byvoorbeeld:

  • Blok die persoon se boodskappe. “As jy iets nie lees nie, kan dit jou nie seermaak nie”, sê die boek Mean Behind the Screen.

  • Hou al die bewyse, selfs al lees jy dit nie. Dit sluit dinge in soos aggressiewe teksboodskappe, kitsboodskappe, e-posse, kommentare op blogs of sosiale media, oudio-boodskappe of enige ander vorm van kommunikasie.

  • Sê vir die boelie om op te hou. Stuur ’n duidelike boodskap, maar moenie emosioneel raak nie. Sê iets soos:

    • “Hou op om vir my boodskappe te stuur.”

    • “Haal enigiets af wat jy oor my op die Internet gesit het.”

    • “As jy nie ophou nie, gaan ek iets doen om seker te maak dat jy ophou.”

  • Bou jou selfbeeld op. Fokus op jou sterk punte en nie op jou swak punte nie (2 Korintiërs 11:6). Net soos enige ander boelie pik ’n kuber-boelie ook op mense wat vir hulle swak lyk.

  • Vertel vir ’n grootmens. Sê vir jou ouers wat aangaan. Jy kan die probleem rapporteer aan die webwerf of diensverskaffer wat deur die boelie gebruik word. As ’n situasie ernstig raak, kan jy en jou ouers die probleem by jou skool rapporteer, na die polisie of selfs na ’n regsgeleerde toe gaan.

Kortliks: Daar is dinge wat jy kan doen sodat die boelie ophou of wat ten minste die uitwerking wat die boelie op jou het, sal verminder.

Wat ander jongmense sê

Natalie

“Is dit regtig nodig dat jy ’n webwerf of app gebruik as jy daarop geboelie word? Is dit goed vir jou of sleg vir jou? Kan jy die persoon blok? Daar is gewoonlik iets wat jy kan doen om jouself uit die situasie te verwyder.” — Natalie.

Darius

“As jy op die Internet of jou foon geboelie word, vertel vir ’n grootmens daarvan. Dit maak nie saak wat ’n boelie jou noem nie. Sy woorde beskryf nie wie jy is nie. As jy vir iemand vertel, wys dit eintlik dat jy sterk is.” — Darius.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel